Showing posts with label bewustheid. Show all posts
Showing posts with label bewustheid. Show all posts

Thursday, October 20, 2016

Studiesukses hang af van goeie slaap.

Slaap jy gewoonlik goed voor jy 'n toets skryf?
Dit skerp op wat jy vir die toets moet ken, want dit herhaal en verdiep wat jy geleer het. So ongeveer 7 tot 8 ure slaap elke aand help jou om  probleme op te kan los.

Hierdie is egter geen strategie om slaapprobleme reg te maak nie. Ek wil graag vir jou riglyne gee om die konsep van slaap beter te verstaan
Probleme los dan vanself op.


                                                                                                                                  
Oorweeg die volgende:

1.   Ontwikkel ’n ander benadering tot slaap

As jy nie tevrede is met die kwaliteit van jou slaap nie, kan dit frustrerend wees. As jy hard probeer om beter te slaap, kan dit ’n saak raak wat te veel gewig dra. Hoe meer jy dit wil forseer, hoe swakker is die resultate.

Wanneer jy vir jouself sê om vinnig aan die slaap te raak omdat jy helder moet wees vir die volgende oggend se toets, stimuleer dit net meer stresvolle gedagtes wat slaap teëwerk. Dit veroorsaak dat jy juis verder weg is van slaap.

Laat vaar jou doelwit! Verander jou strategie om langer/beter/gouer te slaap, na 
minder besorgd te wees oor slaap. Dink oor slaap as bloot iets wat jy aan die einde 
van die dag doen en gee nie erns aan die saak nie.

Moenie gepla - of nie gepla - wees oor die hoeveelheid of kwaliteit van slaap wat jy kry nie.

Jou liggaam weet hoe om te slaap – laat die natuur toe om sy gang te gaan en natuurlik te ontvou. Laat jou liggaam en gees toe om te rus.

2.   Rustige omgewing en gewoontes

·         Jou liggaam en brein hou van patrone en roetine – Word jy wakker en gaan slaap jy op dieselfde tyd elke dag?
·         Kalmte en ontspanning bevorder slaap – Is jou slaapkamer ’n netjiese en aangename spasie?
·         Die ligskerms van ons toestelle onderdruk die produksie van die slaaphormoon. Watter stimulasies kan jy voor bedtyd vermy? Dink byvoorbeeld aan televisie-kyk of speletjies speel op jou selfoon.
·         Verwyder tegnologie uit jou kamer – laat gerus jou selfoon in ’n ander kamer laai.
·         Eet swaar etes vroeër in die dag en let op die effek van stimulerende drankies soos koffie of Coke op jou rustyd. Of maak dit wat jy ingeneem het jou wakker en jaag dit jou op na die badkamer? Alkoholiese drankies kan jou dalk makliker aan die slaap laat raak, maar wat is die effek daarvan later in die nag?
·         Kry genoeg fisieke oefening gedurende die dag – al is dit ’n 30-minute vinnige stap in jou omgewing.
·         Neem ’n warm bad of stort voor jy bed toe gaan.
·         Indien jy wakker word in die nag of vroeë oggend, bly in die bed want as jy opstaan, skep dit gewoontes wat jou roetine versteur. Doen spesiale slaaptegniek #3 om jou brein sagkens te fokus. Jy hoef nie per se te slaap om genoeg rus te kry nie. Weet dat wanneer jy ontspan met jou oë toe, jy die nodige rus vir liggaam en gees kry.


Spesiale slaaptegnieke om jou te help om aan die slaap te raak

Voel jou liggaam se kontak met die bed vir ’n paar asemhalings. Geniet dit!
      1.      Speel jou dag vinnig af in jou verbeelding (vir 20-30 sekondes lank) tot waar           jy nou in jou bed lê.
      2.      “Skakel” liggaamsdele een vir een “af” met jou verbeelding. Doen dit van jou voete tot by jou kop.
      3.      Tel stadig terug van 1000 tot by 0.


3.    Bewuswording

Net soos by streshantering  is daar ’n konneksie tussen liggaam en gedagtes. Meer oplettendheid ten opsigte van die sensasies in jou liggaam gedurende die dag beteken meer rustigheid – ook in die nag.

Indien jy byvoorbeeld ’n paar keer per dag jou lyf “skandeer”, kan jy van stres wat opbou, bewus raak. Jou lyf (en gedagtes) kan tot bedaring kom as jy op die gevoel van die sensasies fokus. Jy kan tegelyk kalm en besig wees.

Dit is belangrik dat na jy jou lyf se stem luister en hoor wat dit vir jou wil sê. Jy kan byvoorbeeld agterkom dat jou skouers optrek en daar ’n pyn in jou nek is - jou lyf kommunikeer dan byvoorbeeld aan jou dat dit nie help om dinge (bv. slaap) te wil beheer nie.

Verwagtings, soos ‘Ek behoort goed te slaap!’ kan ’n hindernis wees. ’n Bewuswording van hoe jy oor slaap dink (ook elke keer as jy só dink) in jou dag is handig om die natuurlike proses te laat ontvou. Jy kan dit sagkens - sonder oordeel - raaksien en benoem: ‘Ek raak bewus van... bv. ’n bekommernis oor té min slaap’ – verwoord dit met ’n sin en kom dan terug na wat jy mee besig was.

Jy kan oopkop te wees omdat jy vryheid van denke toelaat. Dit lei daartoe dat jy nie vasgevang raak in bekommernis nie. Die nuuskierigheid in die proses wat ontvou is belangriker as die doel wat jy wou bereik. Deur minder om te gee of jy genoeg of goed slaap en minder daaroor te stres kan die proses gouer natuurlik ontvou en goeie slaap is die byproduk.

In die vervolg vra ons nie eers of jy goed geslaap het nie... Lekker RUS!



What is the Complete Study Course?


The Course is meant to give you or your children practical insight on how to learn more effectively and with less frustration. The lessons in this course can help in learning many different subjects and skills. Whether you love language  or math, music or physics or history, you will have a lot of fun, and learn a LOT about how to study!

It is provided to students at school or university level.

Contact Details
Lucia Brand
082 782 4747

luciabrand@cybersmart.co.za


Wednesday, January 13, 2016

Your wake-up call for 2016


I invite you to join me for a year of adventure, where we stop operating on autopilot and start living a life of curiosity and joy.

Baie van ons voel ontevrede met ons lewe waarin ons slapend wakker is. Dit sluit dié van ons in wat maar voortbeur tot dié wat ten alle koste 'n poging aanwend om mense/dinge te beheer sodat die lewe glad verloop.

This year I am delighted to create a 10-month long experiment to break our routines! I will introduce the experiments one month at a time. Our first month’s experiments look like this:

WEEK ONE I will use the HALT-technique:  pausing in stressful moments to check in and gauge whether I am Hungry, Angry, Lonely or Tired. If I am, I'll find a solution first (for myself and/or my kids!) before responding.

WEEK TWO I will spend the first 10 minutes of every day outside.

WEEK THREE I will take a cold(er) shower each day.

WEEK FOUR I will tell one person per day what I love about them.



***



"Reculer pour mieux sauter" – take a step back in order to leap higher!

According to statistics, most of us will fail our New Year’s resolutions. We’ll probably beat ourselves up for being lazy and undisciplined. But, with few exceptions, our New Year’s resolutions don’t fail because of laziness.

Hoekom wil ons nie verander nie?

Ons het kompeterende behoeftes en belangstellings. Terwyl een deel van ons doelstellings het vir persoonlike groei, het ’n ander deel vrae. Dit verg bewuswording!

This year, instead of being hard on ourselves, maybe we can have a little mindfulness and compassion for ourselves. Maybe we can embrace the part of us that wants to change and the part of us that is afraid to change. Maybe then, even our failed resolutions will be the beginning of something new and good and beautiful.

The French have a lovely expression that encapsulates the importance of calling on patience and restraint when we feel out of kilter, rather than bulldozing on. 


Join us in a 10-month long experiment to take a step back in order to leap higher! And tell us why you want to 'wake up" in 2016.



***


The Complete Study Course follows a Mindfulness Approach.


It is meant to give you or your children practical insight on how to learn more effectively and with less frustration. The lessons in this course can help in learning many different subjects and skills. Whether you love language or math, music or physics or history, you will have a lot of fun, and learn a LOT about how to learn!

Contact Details
082 782 4747
luciabrand@cybersmart.co.za



Thursday, November 5, 2015

Ouers, alles maak saak


Alles maak saak wanneer jy leer om te leer...




Ek is bly jy is hier. Waarom word jy nie deel van die gesprek nie?

(Please scroll down for a summary in English.)

Vanoggend vra ek myself ‘n paar ernstige vrae: Wanneer sal ek uiteindelik voel ek is goed genoeg vir GOED?; Wanneer sal ek nooit meer oorweldig voel deur my kinders nie?; Wanneer sal heeltemal gemaklik voel om my ware self vir die wêreld te wys? Wanneer gaan ek finaal aanvaar ek is besig om ouer te word (en dood te gaan) en daar is nie juis veel is wat ek daaraan kan doen nie? Toe moes ek al hierdie vrae met een woord antwoord:

Nooit.

En dankie, tog!

Ons praat oor bewustelik lewe en groei - alles maak saak in hierdie reistog oor leer hoe om te leer.

Dis asof ons almal 'n berg uitklim - die berg met die naam Self-wording (sy offisiële naam is Self-aktualisering). Dis 'n lang en harde pad (waarin daar dikwels heling moet plaasvind) en soms kan dinge hulself herhaal. Dieselfde sake kom weer en weer na vore. Ons maak klein vooruitgang; klein interne skuiwe bring groot verandering in ons lewe, sodat dit lyk asof alles ‘okay‘ gaan wees.

Maar dan sê of doen iemand iets, wat ons skielik laat voel of ons terug is by die beginpunt.

Dis natuurlik nie waar nie, ons is al verder op, op hierdie Pad van Wording. So ons is nou bietjie hoër op die helling van die berg, maar met dieselfde dinge wat opkom as vroeër. Byvoorbeeld ‘n bakleiery met jou kind, wat tydmors en nie besef wat die erns is van leer nie. Vrae ontstaan soos, “Moes ek nie nou al baie verder op gewees het nie? Moes ek nie al hoog genoeg gewees het sodat daardie probleme klein en onbeduidend lyk nie? Moes ek nie al een of ander piek bereik het nie?“

Hierdie behoefte om vinniger-te-groei; ‘n gevoel-van-vasgevang-wees en skaamte dat dit (wat jy wil hê) nie vinnig-genoeg gebeur nie, is baie algemeen in my praktyk. Ek hoor weer hierdie week, “Aren’t you tired of me coming in with the same questions and being so... stuck?“

Ek glimlag en antwoord, “You are not stuck, you are being human!” So lank as wat daar bloed deur ons are loop en gedagtes deur ons kop, sal daar heling moet plaasvind. Om heel te wees beteken nie om perfek te wees nie, maar dit wat ontbreek te omhels. Om daardie spanning tussen wat ek nou is en wat ek wil wees te aanvaar as uitdaging.

Ons onsekerhede, vrese en verdriete moet versorging kry net soos jou kinders se borde weer en weer gevul moet word. Dis soos die vrugbare grond in jou tuin – as jy daarna omsien kan jy sien wat daaruit groei. Ons wag om te sien watter vrugte hulle dra. 




Totdat hulle vrugte dra is dié geseënde bewustheid:

Vreugde is nie om geheel en al sonder verdriete te wees nie, maar om te leer om dit te verwelkom wanneer dit terugkom. Totdat dié omhelsing sy eie tipe vryheid word en die reistog self, die beloning.

Voorwaarts... opwaarts!




Encouragement for you as parent (and for me!) that we are human when we encounter problems (Even the same ones recurring over and over like fighting with our children about studying). There is a freedom in embracing and attending to the insecurities, uncertainties, fears and sorrows and to keep climbing the Mountain of Becoming...

*Complete Study Course* - Lucia Brand

082 782 4747

Wednesday, July 22, 2015

Students and learners: Relationships and your ego matter

                    

Students and learners: 

Relationships matter

Your ego matters when you execute that BIG moment of yours!  Your ego makes conflict difficult, painful or dangerous... and the other person or yourself.



Take the challenge  to pay attention to YOU getting in your own way and allow your soul, instead of your ego to rule your world (and trust that you can).

 Hoekom ek daarvan hou as my kinders baklei?



Alles maak saak



My doel as studieberader is nie net om vir jou te leer hoe om jou werk te onthou nie. 
Jou denkwyse, verhoudinge, emosies, liggaam en gees kom saam om 'n geheel te vorm in hierdie proses totdat jy iets tot uitvoering bring... Die oomblik van uitvoering kan byvoorbeeld wees as jy moet leer of as jy toets skryf. Ander voorbeelde is debatvoering of as jy aan 'n wedstryd deelneem. Wanneer jy in 'n belangrike oomblik van uitvoering is, tel alles. 
Voel jy soms te lui om te leer, te 'gerattle' om korrek te reageer of te besorg oor hoe jou hare lyk? Wil jy uit jou eie pad kom om beter te doen?
Is jy op die oomblik op 'speaking terms' met die belangrike mense in jou lewe? Of veroorsaak jou broer of suster vir jou baie irritasie?

'n Gesin met gesonde verhoudings stem nie oor alles saam nie. 

Moenie wegdoen met konflik nie, doen weg met jou ego:



Die ego in my en jou is wat maak, dat ons per se moet wen en dat die ander een altyd verkeerd is. Vir my ego is dit altyd sleg om te verloor en dat ons  ten alle koste moet wen. Dis wat dit vir my moeilik maak om te erken dat ek 'n fout gemaak het. 

Vir jare het ek gedink dat dit nie moontlik is om die ego te stil nie, maar om eerder konflik of moeilike uitdagings te vermy. Ek is nie die enigste een nie. Ek sien baie kliënte waarvoor dit makliker geword het om in stilte te lewe - sonder om te kommunikeer. Of vir ander is die ongemak van iets nuuts te leer te groot.

Dit is in verhoudinge nie die konflik as sulks nie, maar die ego in die konflik, wat dit destruktief maak - aanval en afbreek i.p.v. heel en opbou. 


Ego maak konflik 'n mynveld - jou ego is nie jou vriend of die vriend van ander nie.


'Opportunity dances with those already on the dance floor'. Dis hoekom ek daarvan hou as my kinders baklei. Dit gee hulle 'n kans om hul ego bietjie vir bietjie af te sterf - wanneer hul met integriteit stry sonder kritiek, beledigings of blaam.

Dink gerus aan die Stormers en Blou Bulle se geveg op die rugby-veld, waarna hulle dan hartlik mekaar se hande skud na die spel verby is. Konflik/uitdaging is nie daar om ons uitmekaar te dryf nie, maar eerder nader aan mekaar. 'n Oefenveld vir groei en heelword.


Die plek waar ek nie hoef te wen nie, maar genoeg en okay is dat ons verskil. Genoeg is om regtig te luister en om te verstaan sonder om met iemand hoef saam te stem. Sonder om bedreig te voel, jou kant van die saak te stel en te beredeneer. 

Om by hierdie plek te kom, moet ek bevraagteken wat ek dink... leer meer hieroor in die kursus.


Wednesday, July 15, 2015

Waar om vrede te vind, as dit jou bly ontwyk

Vooruitgang is 'n goeie ding, maar nie die beste ding nie!


Die tydlose dinge - wat vrede bring


 Jy wil dalk vooruitgaan op sekere terreine in jou lewe... ten alle koste?

Dit beteken dat jy moet aanpas by 'n tydelikheid of 'n oorgangs-ingesteldheid. Jy wil byvoorbeeld byhou by die nuutste tegnologie - as jy nie iets inruil nie, opdateer jy 'n ander ding! Daar is byvoorbeeld nie sprake van: "Hierdie toestel is my telefoon vir meer as 2 jaar nie"... trouens woorde is nie eers staatmakers nie, want ek moet nou praat van 'n selfoon in plaas van 'n telefoon! Of die versnelde pas waarop data-manipulering verander, verg meer van jou aandag as wat jy kan bekostig. Jy kan nie staatmaak op die tydloosheid daarvan nie.

Kan jy moeiliker rustigheid vind of gee jy daarmee 'n sekere mate van vrede prys?

Kyk en SIEN


Ek kyk rond op die strand en byna niemand kyk na hulle toestelle nie. Sommige lees boek en ander verwarm in die Afrika-middagsonnetjie. Golwe klap tydloos teen die rotse en daar is selfs kinders wat baljaar in die water en daar weerklink 'n ewigheid in hulle vreugde.

Wanneer daar tydens die kwartaal 'n geweldige vinnige pas is waarmee die klas werk en die dosent het die regte inspirerende woorde aan iemand, soos "Jy hoort hier! Ek kan sien dis nou bietjie ongemaklik vir jou, maar as jy stuk-stuk werk gaan jy dit bemeester!", kan vrede oor die persoon daal.

'n Jong seun merk eendag op hoe 'n ander kind iets geniet. Dit was toe hy verby 'n ander familie loop wat roomys eet. Die kinders se gesigte het regtig tot hom gespreek en dit was duidelik vir hom hoeveel plesier dit hulle bring. Sy mooi hart het sy ouers s'n laat blom.

'n Ander verhaal wat die vrede oor my laat daal is 'n vriendin wat veldblomme deur die venster van 'n (onbereikbare) hartseer persoon gooi.

Wanneer jy bedag is op tydlose dinge, is dit moeilik om dit NIE raak te sien nie. 


Die bitter-soet van geboorte tot dood en die momente tussenin. 'n Familie wat saam eet. Die verligting van aanraking. Die gemak van gesien-wees, aanvaar word soos jy is en die gevoel dat jy hoort. Al jou wonde en teleurstellings asook oorwinnings, pyn en vreugde maak deel daarvan uit.

Tydlose dinge is oral en dit beteken vrede is oral...

Vrede maak ontspanning moontlik en jy kan beter keuses maak en regtig vooruitgaan...

En wat is vooruitgang, as jy dit nie kan deel nie?



Tuesday, March 11, 2014

My dienste sluit in:


My dienste sluit in:


Volledige Studie-kursus - Individuele en/of kleingroep sessies



 Intelligensie-profiel evaluasie
Ouerleiding
Aandagafleibaarheid
Tydsbenutting
Streshantering


U kind leer studeer pret maak, deur sy/haar sterk punte!


Ons kyk saam na vaardighede om die brein beter te gebruik:



1.   Studiemetodes


• Hoe leervakke en probleemoplossingsvakke, in ooreestemming met unieke intelligensieprofiel, opgesom en geleer kan word


• Die hersiening van die werk


• Geheuetegnieke en breinkaarte om leer pret te maak


2.   Tydsbenutting


3.   Streshantering


• Toets- of eksamendag


• Bewuswording, Gedagte-werk en ontspanningsoefeninge