Showing posts with label ouers. Show all posts
Showing posts with label ouers. Show all posts

Thursday, November 5, 2015

Ouers, alles maak saak


Alles maak saak wanneer jy leer om te leer...




Ek is bly jy is hier. Waarom word jy nie deel van die gesprek nie?

(Please scroll down for a summary in English.)

Vanoggend vra ek myself ‘n paar ernstige vrae: Wanneer sal ek uiteindelik voel ek is goed genoeg vir GOED?; Wanneer sal ek nooit meer oorweldig voel deur my kinders nie?; Wanneer sal heeltemal gemaklik voel om my ware self vir die wêreld te wys? Wanneer gaan ek finaal aanvaar ek is besig om ouer te word (en dood te gaan) en daar is nie juis veel is wat ek daaraan kan doen nie? Toe moes ek al hierdie vrae met een woord antwoord:

Nooit.

En dankie, tog!

Ons praat oor bewustelik lewe en groei - alles maak saak in hierdie reistog oor leer hoe om te leer.

Dis asof ons almal 'n berg uitklim - die berg met die naam Self-wording (sy offisiële naam is Self-aktualisering). Dis 'n lang en harde pad (waarin daar dikwels heling moet plaasvind) en soms kan dinge hulself herhaal. Dieselfde sake kom weer en weer na vore. Ons maak klein vooruitgang; klein interne skuiwe bring groot verandering in ons lewe, sodat dit lyk asof alles ‘okay‘ gaan wees.

Maar dan sê of doen iemand iets, wat ons skielik laat voel of ons terug is by die beginpunt.

Dis natuurlik nie waar nie, ons is al verder op, op hierdie Pad van Wording. So ons is nou bietjie hoër op die helling van die berg, maar met dieselfde dinge wat opkom as vroeër. Byvoorbeeld ‘n bakleiery met jou kind, wat tydmors en nie besef wat die erns is van leer nie. Vrae ontstaan soos, “Moes ek nie nou al baie verder op gewees het nie? Moes ek nie al hoog genoeg gewees het sodat daardie probleme klein en onbeduidend lyk nie? Moes ek nie al een of ander piek bereik het nie?“

Hierdie behoefte om vinniger-te-groei; ‘n gevoel-van-vasgevang-wees en skaamte dat dit (wat jy wil hê) nie vinnig-genoeg gebeur nie, is baie algemeen in my praktyk. Ek hoor weer hierdie week, “Aren’t you tired of me coming in with the same questions and being so... stuck?“

Ek glimlag en antwoord, “You are not stuck, you are being human!” So lank as wat daar bloed deur ons are loop en gedagtes deur ons kop, sal daar heling moet plaasvind. Om heel te wees beteken nie om perfek te wees nie, maar dit wat ontbreek te omhels. Om daardie spanning tussen wat ek nou is en wat ek wil wees te aanvaar as uitdaging.

Ons onsekerhede, vrese en verdriete moet versorging kry net soos jou kinders se borde weer en weer gevul moet word. Dis soos die vrugbare grond in jou tuin – as jy daarna omsien kan jy sien wat daaruit groei. Ons wag om te sien watter vrugte hulle dra. 




Totdat hulle vrugte dra is dié geseënde bewustheid:

Vreugde is nie om geheel en al sonder verdriete te wees nie, maar om te leer om dit te verwelkom wanneer dit terugkom. Totdat dié omhelsing sy eie tipe vryheid word en die reistog self, die beloning.

Voorwaarts... opwaarts!




Encouragement for you as parent (and for me!) that we are human when we encounter problems (Even the same ones recurring over and over like fighting with our children about studying). There is a freedom in embracing and attending to the insecurities, uncertainties, fears and sorrows and to keep climbing the Mountain of Becoming...

*Complete Study Course* - Lucia Brand

082 782 4747

Friday, September 18, 2015

Die les wat grootmense by kinders kan leer

Soms gee jy jou laaste energie en  tyd om daardie kopskuif te maak, maar jy kan net jou liggaam laat rus...




(Please scroll down for a summary in English.)

Ek praat baie keer oor beter besluite neem.


Dis altyd moontlik om in voeling te kom - om jou siel te vind. Om te luister na die stem van genade, binne jou – na die fluistering wat jou verseker dat jy geliefd is en lieflik (genoeg) is. Hierdie goeie ding is nie net in jou nie, maar ook in almal om jou.

Jy vind jou passie wanneer jy jou siel laat praat - daardie passie wat jy wil verwesenlik (dan voel jy sensasies van geborgenheid, veiligheid, kalmte en ontspanning). 

Maar net soos hierdie misterieuse innerlike siel, het jy ’n minder misterieuse vlees-en-bloed uiterlike houer, wat baie nou met jou siel verbind is. Dis nie weggooibaar nie, maar eerder ’n soort broeikas vir jou ware self. Hierin vorm en voed jy wie jy is en hoe jy gaan optree.

As jy nie sorg vir jou broeikas nie, beteken dit jy gee nie om oor hoe briljant dit wat binne-in is ontwikkel nie. ’n Voorbeeld is as ek nagte deurwerk en koffie vir slaap verruil. As ek nie luister na die stem van my lyf nie en weier om my spoed te breek, want my onuitgesproke motto is: As ek toegegooi word onder suurlemoene, juggle ek alles BAIE lank totdat ek uiteindelik lemonade maak as ek te moeg is om dit te drink!

Klein kinders weet hoe!


Hulle speel en hardloop rond, maar stop wanneer hul liggame die behoefte het. Dit is nie moeilik om te weet waar hul speelsheid, sorgeloosheid en entoesiasme vandaan kom nie!

Op watter ouderdom het jy jou lyf se soebat om versorg te word begin stilmaak?

Wat moet gebeur vir jou om te verander en jou broeikas ’n hupstoot te gee?

Geniet die lemonade





Ek het 2 kinders, 2 werke en binnekort boonop ’n dans-opvoering in die Baxter... die suurlemoene kom oral op my af.

Ek raak daarvan bewus dat ek kan kies watter suurlemoene ek optel en dié wat ek kies, hoef ek nie freneties te juggle nie. Ek kan hul liggies vashou, terwyl ek lê en power naps neem (Ek kan vroeër gaan slaap en daardie verslag onvoltooid los en in die Nia-klas beweeg om by stilte en rus uit te kom)... en wanneer ek reg is, aan daardie gekose suurlemoen begin uitdruk.

Soos kinders wil ons lemonade maak.


Mag jou liggaam uitgerus genoeg wees om dit doen en dit te geniet!

Lucia Brand, 
082 782 4747

                                                       ***

As jy wil beweeg (en rus vind) besoek gerus FB page: Nia Stellenbosch

                                                        *** 
Die Volledige Studiekursus sluit in om invoeling te kom - om jou siel te vind: 
Bewuswording van die stem van jou lyf is (ook) om die sametrekkende gevoel te herken, wat jy in jou lyf kry, wanneer jou ‘knoppie gedruk‘ word. Dit dui aan dat jy iets stresvols glo. Jy kan stresvolle gedagtes bevraagteken om die lyding te verlig of jy kan aanhou om kwaad of gefrustreerd te voel.
                                                            

Children are playful and carefree for a reason. Their bodies and souls are in sync. The lesson you can learn from children is that your body needs to rest when it requires to. Your soul is incubated by your body. Listening to the voice of your body and caring for it you can create and nurture your true self. 
                                                       

Wednesday, July 15, 2015

Waar om vrede te vind, as dit jou bly ontwyk

Vooruitgang is 'n goeie ding, maar nie die beste ding nie!


Die tydlose dinge - wat vrede bring


 Jy wil dalk vooruitgaan op sekere terreine in jou lewe... ten alle koste?

Dit beteken dat jy moet aanpas by 'n tydelikheid of 'n oorgangs-ingesteldheid. Jy wil byvoorbeeld byhou by die nuutste tegnologie - as jy nie iets inruil nie, opdateer jy 'n ander ding! Daar is byvoorbeeld nie sprake van: "Hierdie toestel is my telefoon vir meer as 2 jaar nie"... trouens woorde is nie eers staatmakers nie, want ek moet nou praat van 'n selfoon in plaas van 'n telefoon! Of die versnelde pas waarop data-manipulering verander, verg meer van jou aandag as wat jy kan bekostig. Jy kan nie staatmaak op die tydloosheid daarvan nie.

Kan jy moeiliker rustigheid vind of gee jy daarmee 'n sekere mate van vrede prys?

Kyk en SIEN


Ek kyk rond op die strand en byna niemand kyk na hulle toestelle nie. Sommige lees boek en ander verwarm in die Afrika-middagsonnetjie. Golwe klap tydloos teen die rotse en daar is selfs kinders wat baljaar in die water en daar weerklink 'n ewigheid in hulle vreugde.

Wanneer daar tydens die kwartaal 'n geweldige vinnige pas is waarmee die klas werk en die dosent het die regte inspirerende woorde aan iemand, soos "Jy hoort hier! Ek kan sien dis nou bietjie ongemaklik vir jou, maar as jy stuk-stuk werk gaan jy dit bemeester!", kan vrede oor die persoon daal.

'n Jong seun merk eendag op hoe 'n ander kind iets geniet. Dit was toe hy verby 'n ander familie loop wat roomys eet. Die kinders se gesigte het regtig tot hom gespreek en dit was duidelik vir hom hoeveel plesier dit hulle bring. Sy mooi hart het sy ouers s'n laat blom.

'n Ander verhaal wat die vrede oor my laat daal is 'n vriendin wat veldblomme deur die venster van 'n (onbereikbare) hartseer persoon gooi.

Wanneer jy bedag is op tydlose dinge, is dit moeilik om dit NIE raak te sien nie. 


Die bitter-soet van geboorte tot dood en die momente tussenin. 'n Familie wat saam eet. Die verligting van aanraking. Die gemak van gesien-wees, aanvaar word soos jy is en die gevoel dat jy hoort. Al jou wonde en teleurstellings asook oorwinnings, pyn en vreugde maak deel daarvan uit.

Tydlose dinge is oral en dit beteken vrede is oral...

Vrede maak ontspanning moontlik en jy kan beter keuses maak en regtig vooruitgaan...

En wat is vooruitgang, as jy dit nie kan deel nie?



Thursday, June 18, 2015

Vir ouers, studente en leerders: Vriendskap wat ʼn verskil maak


Vriendskap wat ʼn verskil maak



Die krag van ongeërgdheid

Sulke momente drup-drup in jou en my lewe in. 

Momente soos die seun wat iets wil vertel, maar sy pa se dag was te lank... of die ma wat op alles “...jaa...“ antwoord, maar weer verder aan haar toestel aandag-gee. Die tekort aan belangstelling laat ons harte ʼn bietjie ‘goedkoper’word, sonder dat ons dit agterkom totdat jy op ʼn dag vinnig en diep besluit dat jou hart goedkoop is...

Die teenoorgestelde van ongeërgdheid is nie belangstelling nie, maar geloof. Die feit dat iemand dink jy kán (om iemand te hê wat in jou glo), maak iets in jou wakker en jy word bewus van die ongemak van die drup-drup van ongeërgdheid. Jy begin dink dat jou hart dalk nie goedkoop is nie, maar waardevol!

Vriendskap maak iets in jou los; maak ʼn spasie oop en laat jou toe om jouself te wees en om makliker asem te haal.

Die krag van vriendskap

Om te GLO in iemand klink so-iets: “Ek dink jy en jou storie maak saak. Dit lei alles êrens heen en ek wil deel wees daarvan. Ek wil daar wees waar jy jou doel uitleef want dit gaan briljant wees".  

So ʼn vriend balanseer weer die bogenoemde ongemakke uit om jou weer ʼn kans te gee om waardevol te voel. Saam kan ʼn mens deur moeilike tye gaan en ʼn beter manier vind.