Showing posts with label coping skills. Show all posts
Showing posts with label coping skills. Show all posts

Friday, September 18, 2015

Die les wat grootmense by kinders kan leer

Soms gee jy jou laaste energie en  tyd om daardie kopskuif te maak, maar jy kan net jou liggaam laat rus...




(Please scroll down for a summary in English.)

Ek praat baie keer oor beter besluite neem.


Dis altyd moontlik om in voeling te kom - om jou siel te vind. Om te luister na die stem van genade, binne jou – na die fluistering wat jou verseker dat jy geliefd is en lieflik (genoeg) is. Hierdie goeie ding is nie net in jou nie, maar ook in almal om jou.

Jy vind jou passie wanneer jy jou siel laat praat - daardie passie wat jy wil verwesenlik (dan voel jy sensasies van geborgenheid, veiligheid, kalmte en ontspanning). 

Maar net soos hierdie misterieuse innerlike siel, het jy ’n minder misterieuse vlees-en-bloed uiterlike houer, wat baie nou met jou siel verbind is. Dis nie weggooibaar nie, maar eerder ’n soort broeikas vir jou ware self. Hierin vorm en voed jy wie jy is en hoe jy gaan optree.

As jy nie sorg vir jou broeikas nie, beteken dit jy gee nie om oor hoe briljant dit wat binne-in is ontwikkel nie. ’n Voorbeeld is as ek nagte deurwerk en koffie vir slaap verruil. As ek nie luister na die stem van my lyf nie en weier om my spoed te breek, want my onuitgesproke motto is: As ek toegegooi word onder suurlemoene, juggle ek alles BAIE lank totdat ek uiteindelik lemonade maak as ek te moeg is om dit te drink!

Klein kinders weet hoe!


Hulle speel en hardloop rond, maar stop wanneer hul liggame die behoefte het. Dit is nie moeilik om te weet waar hul speelsheid, sorgeloosheid en entoesiasme vandaan kom nie!

Op watter ouderdom het jy jou lyf se soebat om versorg te word begin stilmaak?

Wat moet gebeur vir jou om te verander en jou broeikas ’n hupstoot te gee?

Geniet die lemonade





Ek het 2 kinders, 2 werke en binnekort boonop ’n dans-opvoering in die Baxter... die suurlemoene kom oral op my af.

Ek raak daarvan bewus dat ek kan kies watter suurlemoene ek optel en dié wat ek kies, hoef ek nie freneties te juggle nie. Ek kan hul liggies vashou, terwyl ek lê en power naps neem (Ek kan vroeër gaan slaap en daardie verslag onvoltooid los en in die Nia-klas beweeg om by stilte en rus uit te kom)... en wanneer ek reg is, aan daardie gekose suurlemoen begin uitdruk.

Soos kinders wil ons lemonade maak.


Mag jou liggaam uitgerus genoeg wees om dit doen en dit te geniet!

Lucia Brand, 
082 782 4747

                                                       ***

As jy wil beweeg (en rus vind) besoek gerus FB page: Nia Stellenbosch

                                                        *** 
Die Volledige Studiekursus sluit in om invoeling te kom - om jou siel te vind: 
Bewuswording van die stem van jou lyf is (ook) om die sametrekkende gevoel te herken, wat jy in jou lyf kry, wanneer jou ‘knoppie gedruk‘ word. Dit dui aan dat jy iets stresvols glo. Jy kan stresvolle gedagtes bevraagteken om die lyding te verlig of jy kan aanhou om kwaad of gefrustreerd te voel.
                                                            

Children are playful and carefree for a reason. Their bodies and souls are in sync. The lesson you can learn from children is that your body needs to rest when it requires to. Your soul is incubated by your body. Listening to the voice of your body and caring for it you can create and nurture your true self. 
                                                       

Wednesday, August 26, 2015

Hoekom ek daarvan hou as my kinders pyn beleef.


As 'n ouer wil ek eintlik net my kinders beskerm teen seerkry. Elke dag hoop ek dat hulle lewe (en myne) glad en sonder probleme sal verloop... 

Maar pyn is deel van die lewe. Dis onafwendbaar.

Televisie-kyk word beperk in ons huis. Om die waarheid te sê - daar is nie 'n opsie om te kyk nie, want ons het geen konneksie nie!

Boon-op ry my seuns daagliks fiets skool toe. Dis 'n pyn as jy nie betyds kan wegkom nie en die gevolge van laatkom moet dra!

Debat-voorbereiding is vir een van my seuns 'n moeilike taak - eintlik is dit ontsettend onaangenaam om die werk te doen. Dit veroorsaak vreeslike ongemak!

('n Ouer se werk: Simpatiseer - en kry vir hom/haar ’n ‘timer’ waarmee hul dit vinnig oor en verby kan kry!)

Hy moet navorsing doen om bronne te vind vir sy argumente en dan daardie inligting verwerk tot dit sin maak in terme van sy twee ander spanlede se standpunte. Elkeen het hul eie ritme en spoed waarmee hulle werk, sodat dit taamlik lank neem voordat elkeen weet wat hy moet sê. Met die gevolg dat my seun telkens opnuut moet begin om nuwe argumente te bewys. Dit is 'n lang proses gevul met geweldige pyn (en konflik word sommer maklik in die mengsel bygegooi!)

Maar stadig maar seker - met 'n bietjie hulp, veral van sy ouer broer – slaag hy daarin om deel te neem aan die debat-finale by die ATKV. En daar voor 'n saal vol mense, moet hy sy man staan en op sy voete dink! Al die pyn is die moeite werd om die oomblik van uitvoering suksesvol uit te voer!

'n Ouer se werk:

Om jou Kind (en  jouself) te herinner - ondanks die pyn, die chaos, wat iemand aan hulle doen of nie aan hul doen nie - dat hierdie HULLE (en jou) wêreld is! Om alles daarin ten volle te omhels. Voluit in die oomblik te leef en hulself te wees.


Wednesday, May 13, 2015

Vir ouers, studente en leerders: Hoe sien jy stres?

Hoe sien jy stres?

Hier is ’n paar klein perspektief-skuiwe wat jou kan bemagtig:

Stres is ’n aanduiding dat jy ’n doelgerigte lewe lei.

Dieselfde omstandighede wat spanningsvol is, gee positiewe ervaringe. Dit gee ook weer, in hoe groot mate jy betrokke is by dinge wat liefde en groei in jou lewe bring.

’n Positiewe uitkyk – In plaas van “Hierdie toets maak my bang!”, eerder “Hierdie toets het my gedetermineerd om my bes te doen!”

Navorsing toon dat jy gesonder en gelukkiger leef en meer produktief werk wanneer jy glo dat stres jou help om jou bes te doen – selfs in moeilike en baie stresvolle tye.

Verander stresvolle momente in geleenthede vir groei.

Herken ‘n sinvolle lewe is ook ‘n stresvolle lewe. Die stres beteken nie dat daar fout is met jou nie, maar iets waarvoor jy omgee is in gedrang. Wat is dit waarvoor jy omgee? Sien dit as geleenthede vir groei. En glo dat jy die uitdaging kan hanteer. The Upside of Stress – McGonigal, prof. by Stanford Universiteit

Benaderings om vrese te oorkom

Identifiseer die ‘Indringer-sindroom‘ - die band wat speel in jou kop wat sê jy hoort nie, daar in die moeilike situasie, waar jy is nie... bv. “Almal anders kan die vrae beantwoord, maar ek kan nie en ek gaan uitgevang word...“ Dit is baie algemeen en die mag lê daarin om dit raak te sien, naamlik: “Dit is net die indringer-sindroom; ek het al ‘n uitdaging gehad en oorwin – ek moet net stuk vir stuk aanhou werk.“

 



As jy bang is dat iemand anders eerste met iets sal wees, is dit belangrik om die groter prentjie raak te sien – kom in voeling met die groter geheel en van wat jy doen en vir ander beteken. 

Onthou die belangrikheid van verhoudinge en menslike kontak.

Roep positiewe terugvoering op.

Maak jou los van jou vak/produk/werk. “If I fully identify with my product and then it falls over, then just through classic logic I have fallen over. And that’s a really dangerous place to be in the volatile world.” Om hierdie vrees te oorkom, beveel Gunatillake die volgende denkoefening aan: “It’s not about believing the words, it’s about taking on the words and then noticing what comes up in the mind in response…I am not my Twitter bio. I am not my resume. I am not my company. I am not my work.”

Lucia Brand, 
Educational Psychology - Study Counsellor
082 782 4747

For professional and customized advice, you should seek the services of a counselor who can dedicate the hours necessary to become more intimately familiar with your specific situation. I do not assume liability for any portion or content of material on the blog and accept no liability for damage or injury resulting from your decision to interact with the website.



Monday, February 2, 2015

Hoe om met trauma die lewe volhoubaar te maak:

Trauma - in my en jou gemeenskap 



...en ons gedagtes help gou om te cope en om dit self 'te oorleef' deur 'n storie op te maak: "Dit is net eenmalig en gaan nie weer gebeur nie"


Hulp-kry genees 'n Siek Gemeenskap

Leef ons nie almal onder kroniese spanning nie? Meeste mense in Suid- Afrika leef in onveilige woonbuurte. Ons samelewing hardloop teen 'n ongelooflike vinnige pas - 'n pas waarin jou senuweestelsel permatent op hoogalert gestel is. Wanneer hoop dit op en word die venster, waaruit jy na die lewe kyk, te klein? Almal van ons is saam hierdie gemeenskap.

Die lewe is vol verassings, sommige minder aangenaam as ander, en dit lok stresvolle reaksies uit; ongemaklike reaksies waarvan sommige mense hulself met middelle laat ontsnap. Die venster het so erg vernou dat ons nie meer kan onderskei tussen oenskynlike en werklike gevare nie. Daar het bowendien 'n blinddoek verskyn wat ons verhoed om konneksies te maak.

Die heling van die gemeenskap geskied as die lede daarvan hulp kry - om die venster wyer oop te maak en vaardighede te leer en te versterk. Elkeen leer vaardighede om beter te cope met hierdie reaksies.

Dis normaal om die reaksies te kry; dit is net die vraag hoe lank duur die reaksie en hoe ingrypend is dit of hoe hanteer jy dit? Deur bronne in plek te sit help om 'n wye venster van toleransie te skep. Bronne soos om ondersteuning van ander om jou te ontvang en vaardighede om die verlies van beheer te hanteer; die mosie van wantroue in jou medemens om te keer en die gevoel van apatie wat tot stand gekom het as gevolg van die konstante bedreiging waarin ons leef, te vervang met vreugde. Vaardighede om jou sentrale senuweestelsel toe te rus, 'n vermoe om kontak te maak met jouself en gevoelens tot uitdrukking te bring en om nuwe positiewe ervarings op te bou, te bid en te speel - sodat daar ontlading kan plaasvind en nuwe opsies kan oopgaan. (Al hierdie genoemde vaardighede kan in 'n veilige dansomgewing soos by Nia Stellenbosch geleer word.)

Ons het 'n ander manier van lewe nodig om dit volhoubaar te maak!