Testimonials


Lize Malan, Tel: 021 882 9388
Since my grade 4 daughter has completed your study course, my life has improved! I don’t have to nag her to study anymore – I find her quietly sitting at her desk studying and the information seems to go in! She can actually remember how many moons each planet in our system has.  The study session concept is a brilliant way of getting over the pain of studying. I am still awaiting the results (she is currently writing exams), but am quietly confident that her results in especially the subjects with more content like natural sciences will improve.

Alta van Rensburg (US), Tel: 021 808 2231
Baie, baie dankie! Die sessies saam met jou is presies wat Anelda (en ek) nou nodig gehad het. Ek voeg sommer jou blog by my favourites en ek sal defnitief vir jou 'n foto of wat van Anelda se werk stuur.
Groetnis!

'n E-pos van 'n Tweedejaarstudent se pa:
Dankie,  dit lyk of dit heelwat beter gaan.  Sy klink meer positief en lus vir die dinge as wat sy 'n paar weke gelede was. Sy het my gister weer gewys wat sy alles gedoen het en al haar beplanning.  Dit lyk goed en ek is seker sy het ook nou heelwat meer selfvertroue.
Dankie vir jou insette en hulp.
Ek waardeer...

Adél Steyn, 084 514 8119
Laat ek net eers begin deur te sê dat ons die tydsbeplanning toepas en dit werk soos 'n bom. Ek het selfs besef hoe vrot my eie tydsbeplanning is en my opmors van ons sessie vandag bewys dit. Maar wat Cecilia betref, sy het dit eenvoudig gekoop en dit werk vir haar. Sy is nie gespanne nie en die afmerk van elke sessie gee haar groot genoegdoening. Die opskryf van die belangrike goed wat op-pop tydens 'n sessie werk ook uitstekend. En dan, die power poses, - yes, dis great en dit werk. Baie dankie. Dankie vir jou hulp so in die middel van die dag.

Frieda van der Walt (voormalige direkteur van FAMSA: Wes-Kaap), 083 7008444
Die pad na volwassenheid is soms opdraand. Menswees is soms moeilik! Eise, probleme, uitdagings, teëspoed en terugslae is deel van die lewensreis.

Hindernisse op die pad na maksimale bereiking van wat jy kan wees lê dikwels in hoe jy die lewe sien - soms klou jy onbewustelik vas aan idees wat jy as kind aangeleer het 'ek kan nie slaag nie', 'ek is nie goed genoeg vir hierdie uitdaging nie' ' ek weet ek gaan misluk'.

Die gemiddelde mens beskik egter oor die potensiaal om te groei en binne-in homself die innerlike krag te ontdek om die uitdagings en terugslae wat die lewe soms op die lewensreis uitstrooi te ontmoet en te bowe te kom. Om nie 'n slagoffer te wees nie, maar om te oorwin.

Die studiekursus wil juis dît bereik.

Die sielkundige wat die studiekursus opgestel het en ook die aanbieder is, het behalwe akademiese kennis ook die voordeel dat haar voete stewig geplant is in die werklike lewe. Haar blogspot getuig daarvan dat sy oor die vermoë beskik om haar studente te help om met lewensinsig en perspektief en die nodige vaardighede, voluit te lewe. Die  lewenservarings waardeur sy gekom het, het haar uitstekend toegerus vir die proses van die oordra van kennis, onderrig, leiding en begeleiding. Binne haar styl van menswees met haar onblusbare gees en diepe menslikheid is sy 'n juweel en dit moet as 'n voorreg en unieke geleentheid aangegryp word om deur iemand soos sy gementor te word.

Lynette Steele, 083 650 6600