Showing posts with label parents. Show all posts
Showing posts with label parents. Show all posts

Thursday, November 5, 2015

Ouers, alles maak saak


Alles maak saak wanneer jy leer om te leer...




Ek is bly jy is hier. Waarom word jy nie deel van die gesprek nie?

(Please scroll down for a summary in English.)

Vanoggend vra ek myself ‘n paar ernstige vrae: Wanneer sal ek uiteindelik voel ek is goed genoeg vir GOED?; Wanneer sal ek nooit meer oorweldig voel deur my kinders nie?; Wanneer sal heeltemal gemaklik voel om my ware self vir die wêreld te wys? Wanneer gaan ek finaal aanvaar ek is besig om ouer te word (en dood te gaan) en daar is nie juis veel is wat ek daaraan kan doen nie? Toe moes ek al hierdie vrae met een woord antwoord:

Nooit.

En dankie, tog!

Ons praat oor bewustelik lewe en groei - alles maak saak in hierdie reistog oor leer hoe om te leer.

Dis asof ons almal 'n berg uitklim - die berg met die naam Self-wording (sy offisiële naam is Self-aktualisering). Dis 'n lang en harde pad (waarin daar dikwels heling moet plaasvind) en soms kan dinge hulself herhaal. Dieselfde sake kom weer en weer na vore. Ons maak klein vooruitgang; klein interne skuiwe bring groot verandering in ons lewe, sodat dit lyk asof alles ‘okay‘ gaan wees.

Maar dan sê of doen iemand iets, wat ons skielik laat voel of ons terug is by die beginpunt.

Dis natuurlik nie waar nie, ons is al verder op, op hierdie Pad van Wording. So ons is nou bietjie hoër op die helling van die berg, maar met dieselfde dinge wat opkom as vroeër. Byvoorbeeld ‘n bakleiery met jou kind, wat tydmors en nie besef wat die erns is van leer nie. Vrae ontstaan soos, “Moes ek nie nou al baie verder op gewees het nie? Moes ek nie al hoog genoeg gewees het sodat daardie probleme klein en onbeduidend lyk nie? Moes ek nie al een of ander piek bereik het nie?“

Hierdie behoefte om vinniger-te-groei; ‘n gevoel-van-vasgevang-wees en skaamte dat dit (wat jy wil hê) nie vinnig-genoeg gebeur nie, is baie algemeen in my praktyk. Ek hoor weer hierdie week, “Aren’t you tired of me coming in with the same questions and being so... stuck?“

Ek glimlag en antwoord, “You are not stuck, you are being human!” So lank as wat daar bloed deur ons are loop en gedagtes deur ons kop, sal daar heling moet plaasvind. Om heel te wees beteken nie om perfek te wees nie, maar dit wat ontbreek te omhels. Om daardie spanning tussen wat ek nou is en wat ek wil wees te aanvaar as uitdaging.

Ons onsekerhede, vrese en verdriete moet versorging kry net soos jou kinders se borde weer en weer gevul moet word. Dis soos die vrugbare grond in jou tuin – as jy daarna omsien kan jy sien wat daaruit groei. Ons wag om te sien watter vrugte hulle dra. 




Totdat hulle vrugte dra is dié geseënde bewustheid:

Vreugde is nie om geheel en al sonder verdriete te wees nie, maar om te leer om dit te verwelkom wanneer dit terugkom. Totdat dié omhelsing sy eie tipe vryheid word en die reistog self, die beloning.

Voorwaarts... opwaarts!




Encouragement for you as parent (and for me!) that we are human when we encounter problems (Even the same ones recurring over and over like fighting with our children about studying). There is a freedom in embracing and attending to the insecurities, uncertainties, fears and sorrows and to keep climbing the Mountain of Becoming...

*Complete Study Course* - Lucia Brand

082 782 4747

Friday, September 18, 2015

Die les wat grootmense by kinders kan leer

Soms gee jy jou laaste energie en  tyd om daardie kopskuif te maak, maar jy kan net jou liggaam laat rus...




(Please scroll down for a summary in English.)

Ek praat baie keer oor beter besluite neem.


Dis altyd moontlik om in voeling te kom - om jou siel te vind. Om te luister na die stem van genade, binne jou – na die fluistering wat jou verseker dat jy geliefd is en lieflik (genoeg) is. Hierdie goeie ding is nie net in jou nie, maar ook in almal om jou.

Jy vind jou passie wanneer jy jou siel laat praat - daardie passie wat jy wil verwesenlik (dan voel jy sensasies van geborgenheid, veiligheid, kalmte en ontspanning). 

Maar net soos hierdie misterieuse innerlike siel, het jy ’n minder misterieuse vlees-en-bloed uiterlike houer, wat baie nou met jou siel verbind is. Dis nie weggooibaar nie, maar eerder ’n soort broeikas vir jou ware self. Hierin vorm en voed jy wie jy is en hoe jy gaan optree.

As jy nie sorg vir jou broeikas nie, beteken dit jy gee nie om oor hoe briljant dit wat binne-in is ontwikkel nie. ’n Voorbeeld is as ek nagte deurwerk en koffie vir slaap verruil. As ek nie luister na die stem van my lyf nie en weier om my spoed te breek, want my onuitgesproke motto is: As ek toegegooi word onder suurlemoene, juggle ek alles BAIE lank totdat ek uiteindelik lemonade maak as ek te moeg is om dit te drink!

Klein kinders weet hoe!


Hulle speel en hardloop rond, maar stop wanneer hul liggame die behoefte het. Dit is nie moeilik om te weet waar hul speelsheid, sorgeloosheid en entoesiasme vandaan kom nie!

Op watter ouderdom het jy jou lyf se soebat om versorg te word begin stilmaak?

Wat moet gebeur vir jou om te verander en jou broeikas ’n hupstoot te gee?

Geniet die lemonade





Ek het 2 kinders, 2 werke en binnekort boonop ’n dans-opvoering in die Baxter... die suurlemoene kom oral op my af.

Ek raak daarvan bewus dat ek kan kies watter suurlemoene ek optel en dié wat ek kies, hoef ek nie freneties te juggle nie. Ek kan hul liggies vashou, terwyl ek lê en power naps neem (Ek kan vroeër gaan slaap en daardie verslag onvoltooid los en in die Nia-klas beweeg om by stilte en rus uit te kom)... en wanneer ek reg is, aan daardie gekose suurlemoen begin uitdruk.

Soos kinders wil ons lemonade maak.


Mag jou liggaam uitgerus genoeg wees om dit doen en dit te geniet!

Lucia Brand, 
082 782 4747

                                                       ***

As jy wil beweeg (en rus vind) besoek gerus FB page: Nia Stellenbosch

                                                        *** 
Die Volledige Studiekursus sluit in om invoeling te kom - om jou siel te vind: 
Bewuswording van die stem van jou lyf is (ook) om die sametrekkende gevoel te herken, wat jy in jou lyf kry, wanneer jou ‘knoppie gedruk‘ word. Dit dui aan dat jy iets stresvols glo. Jy kan stresvolle gedagtes bevraagteken om die lyding te verlig of jy kan aanhou om kwaad of gefrustreerd te voel.
                                                            

Children are playful and carefree for a reason. Their bodies and souls are in sync. The lesson you can learn from children is that your body needs to rest when it requires to. Your soul is incubated by your body. Listening to the voice of your body and caring for it you can create and nurture your true self. 
                                                       

Monday, September 14, 2015

Motivering - Waarom doen jy dit?

What motivates you to learn or overcome difficult circumstances?


The fact that you have to compete with others and the fear of missing out or falling out can be a negative motivation. Your ego is the one trying to protect you by playing games on a ladder of some sort or hierarchy – but with closer inspection, you find that this ladder leads nowhere! Realising this, you not only meet the other person(s) as fellow human beings, but also want to make a difference in the world – fulfillment results from having meaning!

You become aware of a different kind of ladder (or stepping stones). A ladder that leads from here to there! It is your soul that has to decide where you want to be instead of where you are at this point.  With every right choice you make, you move closer to achieving your goal.


Wat is die verskil tussen die leer wat jou êrens bring en die leer wat jou nêrens bring nie?


Adolessensie kan rof wees... Fisies kry jy aknee en ’n nuwe lyf waarmee jy tuis moet raak.

Jy het geen beheer oor jou lewe nie. Emosioneel, is jy miskien onseker oor waar jy hoort. As jy met jouself eerlik is, moet jy nog agterkom hoekom jy op hierdie planeet is.

Elkeen probeer sin maak van die verwarring en vind stabiliteit by die ego. Jou ego is jou (ambisieuse) beskermer of innerlike bodyguard. Omtrent almal gebruik hierdie kortpad om hulself die gevoel van kontrole te gee. Dit laat jou meer in beheer voel as jy 'n hiërargie skep!

Wat sien jou ego?


Jou ego sien die lewe as beter, hoe hoër jy op die leer is! Alles is ’n kompetisie. Vrae ontstaan wanneer jy tussen ander is soos, “Is hy/sy laer of hoër as ek, op die leer?” En die ‘oorlog-voering’ om op te beweeg en verby te beweeg, begin...

Maar is daar regtig iets om na op te beweeg?

As jy jou siel kan laat praat, sal dit 'n ander storie wees!

Met jou siel aan die woord, kan jy jammer sê vir die keer wat jy gedink het iemand is beter as jy (toe jy opgetree het asof jy beter was as hy/sy).  Of jy kan jammer sê toe jy iemand op die leer gesit het om teen mee te ding! Of dat jy ’n ander onder jou op die leer gesit het en gemaak het asof jy wen... Of jammer voel dat jou speletjies jou bietjie minder werd gemaak het en verhoed het om ander as normale medemens te behandel (soos die mens wat jy is).

(As ouers is ons ook almal in dieselfde boot: elkeen van ons hanteer spanning soos lenings terug te betaal, kinders op te voed en/of te werk, stukkende swembadpompe ens. Maar soms voel dit asof jy die enigste een is by wie daar chaos heers!).

Is growing up really moving up? Of gaan volwassenheid nie meer oor die bewustheid dat ons saam in hierdie ding is nie? Growing up is rather moving towards one another. My ego word dan vervang met my siel wat sê, “Dis goed om jou (regtig) te sien!”of “Dis goed om jou vir die eerste keer te sien!”.




Die leer wat loop van hier tot daar waar ek wil kom.


Selfontwikkeling kan gebeur as daar ’n doelwit is - ’n rigting wat sin gee aan jou lewe. Daar is ’n goeie spanning tussen ‘hoe ek nou is’ en ‘hoe ek kan wees’. Dit help jou om te kan uitstyg bo enige moeilike situasie en jou besluite positief te beïnvloed.

Ons is mens deur ander mense. Om in die wêreld betekens te bring kan tot selfvervulling lei.  Dit voel bowendien lekker om ’n verskil te maak in iemand anders se lewe.

Elkeen besluit self waarheen sy/haar leer loop (van waar ek nou is tot daar waar ek wil kom), sodat hy/sy verantwoordelikheid daarvoor neem.

As jy byvoorbeeld moet studeer, bepaal jy self hoe jy gaan optree, nl. gee jy in of oorwin jy daardie oomblik van huiwering. Selfgesentreerdheid word vertroetel en versterk as ek verskonings maak vir die werk wat gedoen moet word.




Vir professionele individuele advies en 'n volledige studiekursus kontak my by 082 782 4747.
Lucia Brand (M Ed - Opv Slk)
Soek asb die dienste van  ʼn berader, indien nodig, wat die nodige toegewyde ure neem om meer bekend te word met jou spesifieke situasie. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir nadelige gevolge a.g.v. jou interaksie met hierdie blog nie.


Monday, May 25, 2015