Showing posts with label growth. Show all posts
Showing posts with label growth. Show all posts

Thursday, November 5, 2015

Ouers, alles maak saak


Alles maak saak wanneer jy leer om te leer...




Ek is bly jy is hier. Waarom word jy nie deel van die gesprek nie?

(Please scroll down for a summary in English.)

Vanoggend vra ek myself ‘n paar ernstige vrae: Wanneer sal ek uiteindelik voel ek is goed genoeg vir GOED?; Wanneer sal ek nooit meer oorweldig voel deur my kinders nie?; Wanneer sal heeltemal gemaklik voel om my ware self vir die wêreld te wys? Wanneer gaan ek finaal aanvaar ek is besig om ouer te word (en dood te gaan) en daar is nie juis veel is wat ek daaraan kan doen nie? Toe moes ek al hierdie vrae met een woord antwoord:

Nooit.

En dankie, tog!

Ons praat oor bewustelik lewe en groei - alles maak saak in hierdie reistog oor leer hoe om te leer.

Dis asof ons almal 'n berg uitklim - die berg met die naam Self-wording (sy offisiële naam is Self-aktualisering). Dis 'n lang en harde pad (waarin daar dikwels heling moet plaasvind) en soms kan dinge hulself herhaal. Dieselfde sake kom weer en weer na vore. Ons maak klein vooruitgang; klein interne skuiwe bring groot verandering in ons lewe, sodat dit lyk asof alles ‘okay‘ gaan wees.

Maar dan sê of doen iemand iets, wat ons skielik laat voel of ons terug is by die beginpunt.

Dis natuurlik nie waar nie, ons is al verder op, op hierdie Pad van Wording. So ons is nou bietjie hoër op die helling van die berg, maar met dieselfde dinge wat opkom as vroeër. Byvoorbeeld ‘n bakleiery met jou kind, wat tydmors en nie besef wat die erns is van leer nie. Vrae ontstaan soos, “Moes ek nie nou al baie verder op gewees het nie? Moes ek nie al hoog genoeg gewees het sodat daardie probleme klein en onbeduidend lyk nie? Moes ek nie al een of ander piek bereik het nie?“

Hierdie behoefte om vinniger-te-groei; ‘n gevoel-van-vasgevang-wees en skaamte dat dit (wat jy wil hê) nie vinnig-genoeg gebeur nie, is baie algemeen in my praktyk. Ek hoor weer hierdie week, “Aren’t you tired of me coming in with the same questions and being so... stuck?“

Ek glimlag en antwoord, “You are not stuck, you are being human!” So lank as wat daar bloed deur ons are loop en gedagtes deur ons kop, sal daar heling moet plaasvind. Om heel te wees beteken nie om perfek te wees nie, maar dit wat ontbreek te omhels. Om daardie spanning tussen wat ek nou is en wat ek wil wees te aanvaar as uitdaging.

Ons onsekerhede, vrese en verdriete moet versorging kry net soos jou kinders se borde weer en weer gevul moet word. Dis soos die vrugbare grond in jou tuin – as jy daarna omsien kan jy sien wat daaruit groei. Ons wag om te sien watter vrugte hulle dra. 




Totdat hulle vrugte dra is dié geseënde bewustheid:

Vreugde is nie om geheel en al sonder verdriete te wees nie, maar om te leer om dit te verwelkom wanneer dit terugkom. Totdat dié omhelsing sy eie tipe vryheid word en die reistog self, die beloning.

Voorwaarts... opwaarts!




Encouragement for you as parent (and for me!) that we are human when we encounter problems (Even the same ones recurring over and over like fighting with our children about studying). There is a freedom in embracing and attending to the insecurities, uncertainties, fears and sorrows and to keep climbing the Mountain of Becoming...

*Complete Study Course* - Lucia Brand

082 782 4747

Monday, September 14, 2015

Motivering - Waarom doen jy dit?

What motivates you to learn or overcome difficult circumstances?


The fact that you have to compete with others and the fear of missing out or falling out can be a negative motivation. Your ego is the one trying to protect you by playing games on a ladder of some sort or hierarchy – but with closer inspection, you find that this ladder leads nowhere! Realising this, you not only meet the other person(s) as fellow human beings, but also want to make a difference in the world – fulfillment results from having meaning!

You become aware of a different kind of ladder (or stepping stones). A ladder that leads from here to there! It is your soul that has to decide where you want to be instead of where you are at this point.  With every right choice you make, you move closer to achieving your goal.


Wat is die verskil tussen die leer wat jou êrens bring en die leer wat jou nêrens bring nie?


Adolessensie kan rof wees... Fisies kry jy aknee en ’n nuwe lyf waarmee jy tuis moet raak.

Jy het geen beheer oor jou lewe nie. Emosioneel, is jy miskien onseker oor waar jy hoort. As jy met jouself eerlik is, moet jy nog agterkom hoekom jy op hierdie planeet is.

Elkeen probeer sin maak van die verwarring en vind stabiliteit by die ego. Jou ego is jou (ambisieuse) beskermer of innerlike bodyguard. Omtrent almal gebruik hierdie kortpad om hulself die gevoel van kontrole te gee. Dit laat jou meer in beheer voel as jy 'n hiërargie skep!

Wat sien jou ego?


Jou ego sien die lewe as beter, hoe hoër jy op die leer is! Alles is ’n kompetisie. Vrae ontstaan wanneer jy tussen ander is soos, “Is hy/sy laer of hoër as ek, op die leer?” En die ‘oorlog-voering’ om op te beweeg en verby te beweeg, begin...

Maar is daar regtig iets om na op te beweeg?

As jy jou siel kan laat praat, sal dit 'n ander storie wees!

Met jou siel aan die woord, kan jy jammer sê vir die keer wat jy gedink het iemand is beter as jy (toe jy opgetree het asof jy beter was as hy/sy).  Of jy kan jammer sê toe jy iemand op die leer gesit het om teen mee te ding! Of dat jy ’n ander onder jou op die leer gesit het en gemaak het asof jy wen... Of jammer voel dat jou speletjies jou bietjie minder werd gemaak het en verhoed het om ander as normale medemens te behandel (soos die mens wat jy is).

(As ouers is ons ook almal in dieselfde boot: elkeen van ons hanteer spanning soos lenings terug te betaal, kinders op te voed en/of te werk, stukkende swembadpompe ens. Maar soms voel dit asof jy die enigste een is by wie daar chaos heers!).

Is growing up really moving up? Of gaan volwassenheid nie meer oor die bewustheid dat ons saam in hierdie ding is nie? Growing up is rather moving towards one another. My ego word dan vervang met my siel wat sê, “Dis goed om jou (regtig) te sien!”of “Dis goed om jou vir die eerste keer te sien!”.




Die leer wat loop van hier tot daar waar ek wil kom.


Selfontwikkeling kan gebeur as daar ’n doelwit is - ’n rigting wat sin gee aan jou lewe. Daar is ’n goeie spanning tussen ‘hoe ek nou is’ en ‘hoe ek kan wees’. Dit help jou om te kan uitstyg bo enige moeilike situasie en jou besluite positief te beïnvloed.

Ons is mens deur ander mense. Om in die wêreld betekens te bring kan tot selfvervulling lei.  Dit voel bowendien lekker om ’n verskil te maak in iemand anders se lewe.

Elkeen besluit self waarheen sy/haar leer loop (van waar ek nou is tot daar waar ek wil kom), sodat hy/sy verantwoordelikheid daarvoor neem.

As jy byvoorbeeld moet studeer, bepaal jy self hoe jy gaan optree, nl. gee jy in of oorwin jy daardie oomblik van huiwering. Selfgesentreerdheid word vertroetel en versterk as ek verskonings maak vir die werk wat gedoen moet word.




Vir professionele individuele advies en 'n volledige studiekursus kontak my by 082 782 4747.
Lucia Brand (M Ed - Opv Slk)
Soek asb die dienste van  ʼn berader, indien nodig, wat die nodige toegewyde ure neem om meer bekend te word met jou spesifieke situasie. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir nadelige gevolge a.g.v. jou interaksie met hierdie blog nie.


Sunday, July 5, 2015

Learning: Creating healthy habits

Creating good study habits

...Choose wisely


Procrastination is explained as follows. When you have to do something that you do not want to do, the ‘pain spot’ in your brain is stimulated. Changing your focus to some other activity gives (temporarily) relief. Bad habits form.

Research has shown that the relief comes also as soon as you have started to do what you were supposed to do! And it is less stressful if you are present with your process - one portion of the subject at a time. You will master the ‘difficulties’ with spaced repetition. And going back and fro between focus and rest (like a game of ping-pong) is important to finding solutions and to master anything from academics to sport. 

Do this by dividing your time into 25 minute sessions with 5 minutes breaks in between.

 How to form good habits:


·        Use a timer to help you divide your day into sessions.
·        Space repetitions of your work over an amount of days/weeks.
·        Plan sessions the night before and note what time you will end off the next day.
·        Be present in one session, as it happens.
·        Reward yourself after completing planned sessions.
·        Believe in your own abilities.



Don’t step away from what you feel passionate about. Research has shown that you can learn and master something difficult (It will and should feel uncomfortable at first, but will soon be easier, after persisting).  

Don’t just follow your passion, broaden it!


Monday, May 25, 2015

Sunday, January 18, 2015

Our New Year’s resolutions

Hoekom wil ons nie verander nie?

Ons het kompeterende behoeftes en belangstellings. Terwyl een deel van ons doelstellings het vir persoonlike groei, het ’n ander deel vrae.


Wat is die koste van verandering?

As ek regtig stil word, sal ek die eensaamheid kan hanteer? Sal ek nog aandag kry as ek nie in die eetkamer leer nie? As ek my opinie lig, sal my vriende dan nog by my wil wees?As ek finaal daai werk kry, sal ek nog ’n tuiste hê om na terug te kom? As ek ’n klein dingetjie verander, hoe sal dit ander dinge beïnvloed? Wil ek so baie verandering hê?


Met Die Volledige Studiekursus / The Complete Study Course verskerp jou kind sy bewussyn. Hy/Sy verkry insigte waarmee hul verdere besluite kan neem. Kontak my gerus vir meer besonderhede by 082 782 4747 of luciabrand@cybersmart.co.za.

Your job is not to force change, but to make space for the reasons they don’t want to change. Your job is to ask questions, too. Questions like: What is the benefit of not changing? What old things will be lost if new things are found? Your job is to welcome both parts into the light.



What We Want More Than We Want Change

Ek staan alleen in my kind se kamer en hoor die geluide van onder af. Hulle luister musiek, stry, speel en debatteer en hy kry nie geleer nie.

Die ma in my, sien iemand wat iets nie graag genoeg wil hê nie. Maar die sielkundige in my, sien die leë tafel en luister na die klanke van onder en ek weet dat my seun presies bereik wat hy in sy wese begeer:

Belonging.

Ja, sy punte maak meer en meer saak, maar hy is steeds 'n kind. 'n Kind wat êrens wil hoort! Het ons nie almal daardie kind in ons nie?


'n Bietjie empatie vir onsself 

According to statistics, most of us have failed our New Year’s resolutions by now. We’re starting to beat ourselves up for being lazy and undisciplined. But, with few exceptions, our New Year’s resolutions don’t fail because of laziness.

They fail because we all have a kid in us somewhere.We may be older, but connection and belonging is still the great, unspoken driving force behind our actions. When we are having difficulty changing something personal, it’s because we fear it will disrupt something relational. As a therapist, my job is to welcome this reality into the light. (It’s my job as a mom, too. Which is why I’m going to tell my son, no matter how much time he spends at his new desk, that he will always have a noisy kitchen to come back to.)

We all have a kid in us who is needing to hear that, don’t we?

This year, instead of being hard on ourselves, maybe we can have a little compassion for ourselves. Maybe we can embrace the part of us that wants to change and the part of us that is afraid to change. Maybe then, even our failed resolutions will be the beginning of something new and good and beautiful.