What motivates you to learn or overcome difficult circumstances?
The fact that you have to compete with others and the fear of missing out or falling out can be a negative motivation. Your ego is the one trying to protect you by playing games on a ladder of some sort or hierarchy – but with closer inspection, you find that this ladder leads nowhere! Realising this, you not only meet the other person(s) as fellow human beings, but also want to make a difference in the world – fulfillment results from having meaning!
You become aware of a different kind of ladder (or stepping stones). A ladder that leads from here to there! It is your soul that has to decide where you want to be instead of where you are at this point. With every right choice you make, you move closer to achieving your goal.
What motivates you to learn or overcome difficult circumstances?
Wat is die verskil tussen die leer wat jou êrens bring en die leer wat jou nêrens bring nie?
Adolessensie kan rof wees... Fisies kry jy aknee en ’n nuwe lyf waarmee jy tuis moet raak.
Jy het geen beheer oor jou lewe nie. Emosioneel, is jy miskien onseker oor waar jy hoort. As jy met jouself eerlik is, moet jy nog agterkom hoekom jy op hierdie planeet is.
Elkeen probeer sin maak van die verwarring en vind stabiliteit by die ego. Jou ego is jou (ambisieuse) beskermer of innerlike bodyguard. Omtrent almal gebruik hierdie kortpad om hulself die gevoel van kontrole te gee. Dit laat jou meer in beheer voel as jy 'n hiërargie skep!
Wat sien jou ego?
Jou ego sien die lewe as beter, hoe hoër jy op die leer is! Alles is ’n kompetisie. Vrae ontstaan wanneer jy tussen ander is soos, “Is hy/sy laer of hoër as ek, op die leer?” En die ‘oorlog-voering’ om op te beweeg en verby te beweeg, begin...
Maar is daar regtig iets om na op te beweeg?
As jy jou siel kan laat praat, sal dit 'n ander storie wees!
Met jou siel aan die woord, kan jy jammer sê vir die keer wat jy gedink het iemand is beter as jy (toe jy opgetree het asof jy beter was as hy/sy). Of jy kan jammer sê toe jy iemand op die leer gesit het om teen mee te ding! Of dat jy ’n ander onder jou op die leer gesit het en gemaak het asof jy wen... Of jammer voel dat jou speletjies jou bietjie minder werd gemaak het en verhoed het om ander as normale medemens te behandel (soos die mens wat jy is).
Met jou siel aan die woord, kan jy jammer sê vir die keer wat jy gedink het iemand is beter as jy (toe jy opgetree het asof jy beter was as hy/sy). Of jy kan jammer sê toe jy iemand op die leer gesit het om teen mee te ding! Of dat jy ’n ander onder jou op die leer gesit het en gemaak het asof jy wen... Of jammer voel dat jou speletjies jou bietjie minder werd gemaak het en verhoed het om ander as normale medemens te behandel (soos die mens wat jy is).
(As ouers is ons ook almal in dieselfde boot: elkeen van ons hanteer spanning soos lenings terug te betaal, kinders op te voed en/of te werk, stukkende swembadpompe ens. Maar soms voel dit asof jy die enigste een is by wie daar chaos heers!).
Is growing up really moving up? Of gaan volwassenheid nie meer oor die bewustheid dat ons saam in hierdie ding is nie? Growing up is rather moving towards one another. My ego word dan vervang met my siel wat sê, “Dis goed om jou (regtig) te sien!”of “Dis goed om jou vir die eerste keer te sien!”.
Die leer wat loop van hier tot daar waar ek wil kom.
Selfontwikkeling kan gebeur as daar ’n doelwit is - ’n rigting wat sin gee aan jou lewe. Daar is ’n goeie spanning tussen ‘hoe ek nou is’ en ‘hoe ek kan wees’. Dit help jou om te kan uitstyg bo enige moeilike situasie en jou besluite positief te beïnvloed.
Ons is mens deur ander mense. Om in die wêreld betekens te bring kan tot selfvervulling lei. Dit voel bowendien lekker om ’n verskil te maak in iemand anders se lewe.
Elkeen besluit self waarheen sy/haar leer loop (van waar ek nou is tot daar waar ek wil kom), sodat hy/sy verantwoordelikheid daarvoor neem.
As jy byvoorbeeld moet studeer, bepaal jy self hoe jy gaan optree, nl. gee jy in of oorwin jy daardie oomblik van huiwering. Selfgesentreerdheid word vertroetel en versterk as ek verskonings maak vir die werk wat gedoen moet word.
Vir professionele individuele advies en 'n volledige studiekursus kontak my by 082 782 4747.
Lucia Brand (M Ed - Opv Slk)
Soek asb die dienste van ʼn berader, indien nodig, wat die nodige toegewyde ure neem om meer bekend te word met jou spesifieke situasie. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir nadelige gevolge a.g.v. jou interaksie met hierdie blog nie.
No comments:
Post a Comment