Alles maak saak wanneer jy leer om te leer...
Ek is bly jy is hier. Waarom word jy nie deel van die gesprek nie?
(Please scroll down for a summary in English.)
Vanoggend vra ek myself ‘n paar ernstige vrae: Wanneer sal ek uiteindelik voel ek is goed genoeg vir GOED?; Wanneer sal ek nooit meer oorweldig voel deur my kinders nie?; Wanneer sal heeltemal gemaklik voel om my ware self vir die wêreld te wys? Wanneer gaan ek finaal aanvaar ek is besig om ouer te word (en dood te gaan) en daar is nie juis veel is wat ek daaraan kan doen nie? Toe moes ek al hierdie vrae met een woord antwoord:
Nooit.
En dankie, tog!
Ons praat oor bewustelik lewe en groei - alles maak saak in hierdie reistog oor leer hoe om te leer.
Dis asof ons almal 'n berg uitklim - die berg met die naam Self-wording (sy offisiële naam is Self-aktualisering). Dis 'n lang en harde pad (waarin daar dikwels heling moet plaasvind) en soms kan dinge hulself herhaal. Dieselfde sake kom weer en weer na vore. Ons maak klein vooruitgang; klein interne skuiwe bring groot verandering in ons lewe, sodat dit lyk asof alles ‘okay‘ gaan wees.
Maar dan sê of doen iemand iets, wat ons skielik laat voel of ons terug is by die beginpunt.
Dis natuurlik nie waar nie, ons is al verder op, op hierdie Pad van Wording. So ons is nou bietjie hoër op die helling van die berg, maar met dieselfde dinge wat opkom as vroeër. Byvoorbeeld ‘n bakleiery met jou kind, wat tydmors en nie besef wat die erns is van leer nie. Vrae ontstaan soos, “Moes ek nie nou al baie verder op gewees het nie? Moes ek nie al hoog genoeg gewees het sodat daardie probleme klein en onbeduidend lyk nie? Moes ek nie al een of ander piek bereik het nie?“
Hierdie behoefte om vinniger-te-groei; ‘n gevoel-van-vasgevang-wees en skaamte dat dit (wat jy wil hê) nie vinnig-genoeg gebeur nie, is baie algemeen in my praktyk. Ek hoor weer hierdie week, “Aren’t you tired of me coming in with the same questions and being so... stuck?“
Ek glimlag en antwoord, “You are not stuck, you are being human!” So lank as wat daar bloed deur ons are loop en gedagtes deur ons kop, sal daar heling moet plaasvind. Om heel te wees beteken nie om perfek te wees nie, maar dit wat ontbreek te omhels. Om daardie spanning tussen wat ek nou is en wat ek wil wees te aanvaar as uitdaging.
Ons onsekerhede, vrese en verdriete moet versorging kry net soos jou kinders se borde weer en weer gevul moet word. Dis soos die vrugbare grond in jou tuin – as jy daarna omsien kan jy sien wat daaruit groei. Ons wag om te sien watter vrugte hulle dra.
Totdat hulle vrugte dra is dié geseënde bewustheid:
Vreugde is nie om geheel en al sonder verdriete te wees nie, maar om te leer om dit te verwelkom wanneer dit terugkom. Totdat dié omhelsing sy eie tipe vryheid word en die reistog self, die beloning.
Voorwaarts... opwaarts!
Encouragement for you as parent (and for me!) that we are human when we encounter problems (Even the same ones recurring over and over like fighting with our children about studying). There is a freedom in embracing and attending to the insecurities, uncertainties, fears and sorrows and to keep climbing the Mountain of Becoming...
*Complete Study Course* - Lucia Brand
082 782 4747
No comments:
Post a Comment