Vriendskap wat ʼn verskil maak
Die krag van ongeërgdheid
Sulke momente drup-drup in jou en my lewe in.
Momente soos die seun wat iets wil vertel, maar sy pa se dag was te lank... of die ma wat op alles “...jaa...“ antwoord, maar weer verder aan haar toestel aandag-gee. Die tekort aan belangstelling laat ons harte ʼn bietjie ‘goedkoper’word, sonder dat ons dit agterkom totdat jy op ʼn dag vinnig en diep besluit dat jou hart goedkoop is...
Die teenoorgestelde van ongeërgdheid is nie belangstelling nie, maar geloof. Die feit dat iemand dink jy kán (om iemand te hê wat in jou glo), maak iets in jou wakker en jy word bewus van die ongemak van die drup-drup van ongeërgdheid. Jy begin dink dat jou hart dalk nie goedkoop is nie, maar waardevol!
Vriendskap maak iets in jou los; maak ʼn spasie oop en laat jou toe om jouself te wees en om makliker asem te haal.
Die krag van vriendskap
Om te GLO in iemand klink so-iets: “Ek dink jy en jou storie maak saak. Dit lei alles êrens heen en ek wil deel wees daarvan. Ek wil daar wees waar jy jou doel uitleef want dit gaan briljant wees".So ʼn vriend balanseer weer die bogenoemde ongemakke uit om jou weer ʼn kans te gee om waardevol te voel. Saam kan ʼn mens deur moeilike tye gaan en ʼn beter manier vind.
Jy is amazing Lucia Brand!!!
ReplyDeleteDankie, Anonymous!
ReplyDelete