Wednesday, July 22, 2015

Students and learners: Relationships and your ego matter

                    

Students and learners: 

Relationships matter

Your ego matters when you execute that BIG moment of yours!  Your ego makes conflict difficult, painful or dangerous... and the other person or yourself.



Take the challenge  to pay attention to YOU getting in your own way and allow your soul, instead of your ego to rule your world (and trust that you can).

 Hoekom ek daarvan hou as my kinders baklei?



Alles maak saak



My doel as studieberader is nie net om vir jou te leer hoe om jou werk te onthou nie. 
Jou denkwyse, verhoudinge, emosies, liggaam en gees kom saam om 'n geheel te vorm in hierdie proses totdat jy iets tot uitvoering bring... Die oomblik van uitvoering kan byvoorbeeld wees as jy moet leer of as jy toets skryf. Ander voorbeelde is debatvoering of as jy aan 'n wedstryd deelneem. Wanneer jy in 'n belangrike oomblik van uitvoering is, tel alles. 
Voel jy soms te lui om te leer, te 'gerattle' om korrek te reageer of te besorg oor hoe jou hare lyk? Wil jy uit jou eie pad kom om beter te doen?
Is jy op die oomblik op 'speaking terms' met die belangrike mense in jou lewe? Of veroorsaak jou broer of suster vir jou baie irritasie?

'n Gesin met gesonde verhoudings stem nie oor alles saam nie. 

Moenie wegdoen met konflik nie, doen weg met jou ego:



Die ego in my en jou is wat maak, dat ons per se moet wen en dat die ander een altyd verkeerd is. Vir my ego is dit altyd sleg om te verloor en dat ons  ten alle koste moet wen. Dis wat dit vir my moeilik maak om te erken dat ek 'n fout gemaak het. 

Vir jare het ek gedink dat dit nie moontlik is om die ego te stil nie, maar om eerder konflik of moeilike uitdagings te vermy. Ek is nie die enigste een nie. Ek sien baie kliënte waarvoor dit makliker geword het om in stilte te lewe - sonder om te kommunikeer. Of vir ander is die ongemak van iets nuuts te leer te groot.

Dit is in verhoudinge nie die konflik as sulks nie, maar die ego in die konflik, wat dit destruktief maak - aanval en afbreek i.p.v. heel en opbou. 


Ego maak konflik 'n mynveld - jou ego is nie jou vriend of die vriend van ander nie.


'Opportunity dances with those already on the dance floor'. Dis hoekom ek daarvan hou as my kinders baklei. Dit gee hulle 'n kans om hul ego bietjie vir bietjie af te sterf - wanneer hul met integriteit stry sonder kritiek, beledigings of blaam.

Dink gerus aan die Stormers en Blou Bulle se geveg op die rugby-veld, waarna hulle dan hartlik mekaar se hande skud na die spel verby is. Konflik/uitdaging is nie daar om ons uitmekaar te dryf nie, maar eerder nader aan mekaar. 'n Oefenveld vir groei en heelword.


Die plek waar ek nie hoef te wen nie, maar genoeg en okay is dat ons verskil. Genoeg is om regtig te luister en om te verstaan sonder om met iemand hoef saam te stem. Sonder om bedreig te voel, jou kant van die saak te stel en te beredeneer. 

Om by hierdie plek te kom, moet ek bevraagteken wat ek dink... leer meer hieroor in die kursus.


No comments:

Post a Comment