Ouers is verantwoordelik vir hoe hulle kinders uitdraai
|
VS
|
Ouers is getuies van wie hulle kinders word
|
Daar is meer grasie en genot vir jou, liewe ouer!
Sit jy ook ongelooflik baie druk op jouself?
Is dit moeilik om jou kind te kry om te doen wat jy wil hê?
Het jou kriteria van wat dit is om ’n suksesvolle ouer te wees ook onrealisties baie geword?
Daar is nie baie wat jy kan doen as ouer, wat sal bepaal hoe jou kind se lewe uitspeel, nie. Hulle persoonlikhede en ander faktore sal elke keer die oorhand kry!
Jy kan jou kind beïnvloed, maar nie beheer nie.
As jy as ouer vir jouself in dié verband meer grasie gee en minder bekommer oor die mag wat jy nie het nie (beide is keuses wat jy maak), kan jy meer fokus om die beste getuie vir jou kind wees.
- · As jy hul goed kan raaksien, weet hulle dat hulle belangrik is en ’n rol het om te speel in die lewe. En vaardighede hiervoor beskikbaar te stel.
- · Indien jy vir hulle ’n spieël ophou, kry hul ’n duideliker idee van wie hul is en dit gee vir hulle die kans om gemakliker in hul eie vel te sit.
- · Met samesyn ervaar hul dat hul ’n veilige plek het en êrens hoort.
- · En liefdevolle grense wys vir hulle die kontrak van die gemeeskap en ’n stresloser bestaan.
Grasie, gebed en GENOT!
No comments:
Post a Comment