Showing posts with label studente. Show all posts
Showing posts with label studente. Show all posts

Wednesday, July 22, 2015

Students and learners: Relationships and your ego matter

                    

Students and learners: 

Relationships matter

Your ego matters when you execute that BIG moment of yours!  Your ego makes conflict difficult, painful or dangerous... and the other person or yourself.



Take the challenge  to pay attention to YOU getting in your own way and allow your soul, instead of your ego to rule your world (and trust that you can).

 Hoekom ek daarvan hou as my kinders baklei?



Alles maak saak



My doel as studieberader is nie net om vir jou te leer hoe om jou werk te onthou nie. 
Jou denkwyse, verhoudinge, emosies, liggaam en gees kom saam om 'n geheel te vorm in hierdie proses totdat jy iets tot uitvoering bring... Die oomblik van uitvoering kan byvoorbeeld wees as jy moet leer of as jy toets skryf. Ander voorbeelde is debatvoering of as jy aan 'n wedstryd deelneem. Wanneer jy in 'n belangrike oomblik van uitvoering is, tel alles. 
Voel jy soms te lui om te leer, te 'gerattle' om korrek te reageer of te besorg oor hoe jou hare lyk? Wil jy uit jou eie pad kom om beter te doen?
Is jy op die oomblik op 'speaking terms' met die belangrike mense in jou lewe? Of veroorsaak jou broer of suster vir jou baie irritasie?

'n Gesin met gesonde verhoudings stem nie oor alles saam nie. 

Moenie wegdoen met konflik nie, doen weg met jou ego:



Die ego in my en jou is wat maak, dat ons per se moet wen en dat die ander een altyd verkeerd is. Vir my ego is dit altyd sleg om te verloor en dat ons  ten alle koste moet wen. Dis wat dit vir my moeilik maak om te erken dat ek 'n fout gemaak het. 

Vir jare het ek gedink dat dit nie moontlik is om die ego te stil nie, maar om eerder konflik of moeilike uitdagings te vermy. Ek is nie die enigste een nie. Ek sien baie kliënte waarvoor dit makliker geword het om in stilte te lewe - sonder om te kommunikeer. Of vir ander is die ongemak van iets nuuts te leer te groot.

Dit is in verhoudinge nie die konflik as sulks nie, maar die ego in die konflik, wat dit destruktief maak - aanval en afbreek i.p.v. heel en opbou. 


Ego maak konflik 'n mynveld - jou ego is nie jou vriend of die vriend van ander nie.


'Opportunity dances with those already on the dance floor'. Dis hoekom ek daarvan hou as my kinders baklei. Dit gee hulle 'n kans om hul ego bietjie vir bietjie af te sterf - wanneer hul met integriteit stry sonder kritiek, beledigings of blaam.

Dink gerus aan die Stormers en Blou Bulle se geveg op die rugby-veld, waarna hulle dan hartlik mekaar se hande skud na die spel verby is. Konflik/uitdaging is nie daar om ons uitmekaar te dryf nie, maar eerder nader aan mekaar. 'n Oefenveld vir groei en heelword.


Die plek waar ek nie hoef te wen nie, maar genoeg en okay is dat ons verskil. Genoeg is om regtig te luister en om te verstaan sonder om met iemand hoef saam te stem. Sonder om bedreig te voel, jou kant van die saak te stel en te beredeneer. 

Om by hierdie plek te kom, moet ek bevraagteken wat ek dink... leer meer hieroor in die kursus.


Thursday, June 25, 2015

Wat bepaal jou keuses?

Wat ek doen, kies ek!

Antwoord eers:
Kom dit uit vrees... of liefde?

Die kuns van die lewe lê daarin om te geniet
wat ons sien... en hoor... en voel
en nie te kla oor dit wat nog donker is nie.
Wanneer ons die volgende tree gee en vertrou dat ons genoeg lig maak vir wat volg,
dan dans ons met vreugde
en is ons verras oor hoe ver ons gaan...

Die krag van Vrese

Algemene vrese is BASIESE INFORMASIE en nie evil forces binne my nie – dit is die bedreiging dat ek iets, wat ek nodig het, gaan verloor of nie gaan kry nie.

Hoe kan ek my vrese oorkom?

Deur dit in die gesig te kyk, en te sê: "EK GEE NIE OM NIE!"


...Meanwhile... behind the scenes:

Wanneer iets my kwaad maak, of ek ʼn sterk emosie beleef, hang dit saam met ʼn onvervulde basiese behoefte. Daardie soort emosie sê vir my, daar is iets wat ek nie kry nie. 

Basiese vrese is gebaseer op 
- doodgaan 
- seerkry 
- oorweldiging en inperking (om byvoorbeeld beheer te word) 
- verwerping of om nie waardeer te word nie en 
- vernedering, byvoorbeeld as jy bang is om ʼn toespraak te maak

Vrees is veronderstel om ʼn goeie ding te wees. Dit beskerm my teen hierdie dinge, maar dit kan my vordering of verhoudings nadelig beïnvloed. Byvoorbeeld as ek nie na ʼn partytjie toe gaan nie, omdat ek ongemaklik is in groepe of om nie te vra vir die paar ekstra punte in Geskiedenis nie.

Dis nou tyd om wakker te wees vir die vrees vir ʼn vrees, wat in ons reaksies voorkom. Dit is ʼn kitsrefleks, sonder om eers die bangheid te voel, sê ek iets soos: ”Ek doen nie debat nie!“. Dit is juis hier in die ongemaklike zone waar groei plaasvind!

Dit kan chaoties en deurmekaar wees, maar as ek kalm en helder daaroor dink, waar my reaksies vandaan kom, sal my vrese my minder bang maak en minder beheer.


Die krag van Liefde

 Dan kan ek kies om te kry wat ek nodig het. Die self-dissipline om hard te werk aan jou toespraak is liefde teenoor jouself. Liefde teenoor ander is ook hier ter sprake, wanneer ek sien wat hulle nodig het, en DIT vir hulle kan gee.

Of ek kan kies om NET MINDER OM TE GEE (byvoorbeeld om eintlik uit te sien daarna om ʼn fool van myself te maak!)

***

Maar intussen – as ek wakker is en oplet – gaan dit mooi wees. Wanneer ek my seëninge tel – selfs in my grootste foute, kan ek nie verkeerd gaan nie.

Cheers op dankbaarheid!
Cheers op liefde!

Vir professionele advies, soek asb die dienste van  ʼn berader wat die nodige toegewyde ure neem om meer bekend te word met jou spesifieke situasie. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir nadelige gevolge a.g.v. jou interaksie met die blog nie.


Thursday, June 18, 2015

Vir ouers, studente en leerders: Vriendskap wat ʼn verskil maak


Vriendskap wat ʼn verskil maak



Die krag van ongeërgdheid

Sulke momente drup-drup in jou en my lewe in. 

Momente soos die seun wat iets wil vertel, maar sy pa se dag was te lank... of die ma wat op alles “...jaa...“ antwoord, maar weer verder aan haar toestel aandag-gee. Die tekort aan belangstelling laat ons harte ʼn bietjie ‘goedkoper’word, sonder dat ons dit agterkom totdat jy op ʼn dag vinnig en diep besluit dat jou hart goedkoop is...

Die teenoorgestelde van ongeërgdheid is nie belangstelling nie, maar geloof. Die feit dat iemand dink jy kán (om iemand te hê wat in jou glo), maak iets in jou wakker en jy word bewus van die ongemak van die drup-drup van ongeërgdheid. Jy begin dink dat jou hart dalk nie goedkoop is nie, maar waardevol!

Vriendskap maak iets in jou los; maak ʼn spasie oop en laat jou toe om jouself te wees en om makliker asem te haal.

Die krag van vriendskap

Om te GLO in iemand klink so-iets: “Ek dink jy en jou storie maak saak. Dit lei alles êrens heen en ek wil deel wees daarvan. Ek wil daar wees waar jy jou doel uitleef want dit gaan briljant wees".  

So ʼn vriend balanseer weer die bogenoemde ongemakke uit om jou weer ʼn kans te gee om waardevol te voel. Saam kan ʼn mens deur moeilike tye gaan en ʼn beter manier vind.




Tuesday, March 11, 2014

My dienste sluit in:


My dienste sluit in:


Volledige Studie-kursus - Individuele en/of kleingroep sessies



 Intelligensie-profiel evaluasie
Ouerleiding
Aandagafleibaarheid
Tydsbenutting
Streshantering


U kind leer studeer pret maak, deur sy/haar sterk punte!


Ons kyk saam na vaardighede om die brein beter te gebruik:



1.   Studiemetodes


• Hoe leervakke en probleemoplossingsvakke, in ooreestemming met unieke intelligensieprofiel, opgesom en geleer kan word


• Die hersiening van die werk


• Geheuetegnieke en breinkaarte om leer pret te maak


2.   Tydsbenutting


3.   Streshantering


• Toets- of eksamendag


• Bewuswording, Gedagte-werk en ontspanningsoefeninge