Showing posts with label tydsbenutting. Show all posts
Showing posts with label tydsbenutting. Show all posts

Monday, May 25, 2015

Studente en leerders: Kom jy agter jy staan in jou eie pad?

Self-saboetasie

Kom jy agter jy staan in jou eie pad?


"Hoekom moet ek leer?" 

Sodat jy nie werkloos is nie! 

 - Ja, daar is 'n denkbeeldige geweer teen jou kop

WERK!


"Maar my tyd is  min..."

NEE, maak 'n koue keuse: "Ek gaan Wiskunde doen i.p.v. games (of vul jou eie aktiwiteit in) speel."

- Iets moet 'doodgaan', sodat iets anders kan lewe!


"Eendag gaan ek - magically - 'n professionele persoon wees"...   

Nie as jy Crossy Road vir 5 ure per dag speel nie...

Nee, dit wat jy oefen, gaan jy verbeter...


***

Wees in die proses - nie die eind-produk nie!
bv. "Ek gaan twee 25 min-sessies Algebra Wiskunde doen
- Vandag!


***
Lieg jy vir jouself oor wat jy wil hê?


Onderskei tussen die breë skouers van Arnold Schwarzenegger/wêreldvrede (waaroor jy geen beheer het nie) 


en iets wat jy 100% kan najaag soos fiksheid/vrede in jou eie verhoudinge.



GO FOR IT!



Monday, May 11, 2015

Vir ouers, studente en leerders: Hoe sien jy tyd?

“Know your fight is not within; yours is with your time here.” 

–John Mayer

Daar is nie genoeg tyd nie... dan is daar soms te veel. Dan wil ek dit weer stadiger laat verby gaan of juis vinniger. My kind wil groot wees en oor tyd spring en ek wil dit soms terugdraai en iemand weer sien wat dood is. Ek wil meer pret hê of meer gedoen kry!


Dis eers by 'n begrafnis wat ek sien dat die geveg met tyd waardevolle momente, met die waarvoor ek omgee, wegsteel. Ek mis die mens wat voor my is, my kinders wat ouer word, en om uit te reik na my vriende...
.
Hoekom moet ek vrede maak met tyd?

Wanneer ek tyd kan aanvaar vir wat dit is, kan ek die sin van die lewe raaksien. En die sin is nie om meer gedoen te kry nie of meer pret te hê nie. Dit gaan om jou en my.

Tyd is die houer waarin ons liefde uitruil. Ons is hier vir mekaar.

Kom ons maak tyd daarvoor.