Showing posts with label advies vir ouers. Show all posts
Showing posts with label advies vir ouers. Show all posts

Thursday, January 19, 2017

The characteristics of Mindfulness

Healing and growth happen through the following attitudes of Mindfulness:

One of the reasons that mindfulness is really catching on is that it can be delivered in a way that is stripped of any religious connotations, making it entirely acceptable to the wider population.

 ‘Letting go’ is the opposite of both, and it is allowing things to be as they are. Noticing and noting thoughts and feelings are crucial elements of awareness. This is your choice to break the loop of adding stress to the situation. The body gets at ease and the mind gets clearer and happier when practising awareness. This provides the ideal environment for change to happen.
Realise when you are being distracted by a thought, emotion or sensation. Step back from fuelling it with more stressful thoughts.  Witness and label the sensation, feeling or thought in the moment, e.g. ‘I’m aware of... a thought/feeling/pain’ in the moment and be present again. To release it, you must take notice of it. Releasing it is almost like flushing it out through your body. (You may also release it with laughter with your friends.)

You will probably be shocked to see how many times in your day you get lost in a distraction or resist it. Non-judgemental paying attention is a key factor in this regard. You wake up to recognise the judging – just let it ‘rain down’ in this moment... instead of it having to be one way or another.

It isn’t about thinking about change or looking for change, but allowing change to happen in spite of uncertainty that we experience.

Keeping this moment light and playful (and your laughter is yet again so helpful in this regard) and being curious about what is about to unfold opens up space in the mind and helps you not be caught up in your thoughts and emotions. Forcing things to happen prevents change. When thoughts or feelings are unsettling you might want it to be different; by resisting it, you hold things in place and don’t allow life to flow; instead you want to provide the conditions for change to happen. If you are not anticipating or expecting what to come next, you are able to rest in the uncertainty of one moment unfolding at a time and the ‘not knowing’. You have to step back and not control it. ‘Non-striving’ means just being with what is, because it is sufficient.

To have both doing and not-doing (just being) is necessary in order to be productive with your ‘do to list’.

Acknowledge that change has its own pace and time. Be kind with yourself and patient with the situation... and cultivate trust, also in your body’s wisdom.
It is helpful to notice small changes in our life. Physical sensations in your body constantly change. When you follow your sensations, you see this! You realise that a pain here or there has a lifespan of its own. It is there now, but later it is gone. This makes it possible for you not to identify so strongly with your beliefs about it (what you think or feel aren’t equal to who you are). This makes the mind so much lighter.

It is so easy to notice the beginning of an unpleasant emotion, but rarely do you notice the end! Your perspective on life is likely to be less distorted when you also acknowledge the end of difficult emotions. You take note of moments of happiness or calmness, as well. Nothing is fixed forever and you realise that you are not one kind of person like, “I am an anxious person” or “I am an unhappy person”. We tend to limit ourselves as well as others in that way that we tend to think one-dimensionally. We tend to label ourselves and mostly in a negative way. Or we get involved in our thoughts and become it. It can be liberating to become aware that you are not stuck in a certain way – now you feel different than before. You realise that you have both pleasant and unpleasant emotions. You want to allow a range of possibilities and the freedom to change.

The messiness of everyday life, like being in conflict with someone becomes the teacher of the moment. In order to respond differently than before, you don’t attach to how it ‘should be’ or ‘doing it my way’. Instead, see what it is you are resisting now, put it in words, and release it to move closer to acceptance.

You allow/create the space to see more than your previous beliefs – to administer this moment becomes effortless and it is all you need to make a difference.
If you are breathing, there is more right than wrong with you. When you take that into account, you are able to bring gratitude for being alive into the moment.

There is more freedom in your mind to embrace emotions without getting lost in them and room to give yourself over to life in the moment. If you think of all the good people and the good things in your life, you can imagine them as islands in a rough ocean (If that is what your life seems like at this moment?). These are spaces or sanctuaries for you to replenish your energy and nourish yourself. You are able to ENJOY your life and also to give other people what would make them happy. This generosity celebrates our interconnectedness.


Naomi Shihab Nye writes,Then it is only kindness that makes sense anymore / only kindness that ties your shoes / and sends you out into the day to gaze at bread, / only kindness that raises its head / from the crowd of the world to say / It is I you have been looking for, / and then goes with you everywhere / like a shadow or a friend.


One of the reasons that mindfulness is really catching on is that it can be delivered in a way that is stripped of any religious connotations, making it entirely acceptable to the wider population.

 



















Thursday, October 20, 2016

Studiesukses hang af van goeie slaap.

Slaap jy gewoonlik goed voor jy 'n toets skryf?
Dit skerp op wat jy vir die toets moet ken, want dit herhaal en verdiep wat jy geleer het. So ongeveer 7 tot 8 ure slaap elke aand help jou om  probleme op te kan los.

Hierdie is egter geen strategie om slaapprobleme reg te maak nie. Ek wil graag vir jou riglyne gee om die konsep van slaap beter te verstaan
Probleme los dan vanself op.


                                                                                                                                  
Oorweeg die volgende:

1.   Ontwikkel ’n ander benadering tot slaap

As jy nie tevrede is met die kwaliteit van jou slaap nie, kan dit frustrerend wees. As jy hard probeer om beter te slaap, kan dit ’n saak raak wat te veel gewig dra. Hoe meer jy dit wil forseer, hoe swakker is die resultate.

Wanneer jy vir jouself sê om vinnig aan die slaap te raak omdat jy helder moet wees vir die volgende oggend se toets, stimuleer dit net meer stresvolle gedagtes wat slaap teëwerk. Dit veroorsaak dat jy juis verder weg is van slaap.

Laat vaar jou doelwit! Verander jou strategie om langer/beter/gouer te slaap, na 
minder besorgd te wees oor slaap. Dink oor slaap as bloot iets wat jy aan die einde 
van die dag doen en gee nie erns aan die saak nie.

Moenie gepla - of nie gepla - wees oor die hoeveelheid of kwaliteit van slaap wat jy kry nie.

Jou liggaam weet hoe om te slaap – laat die natuur toe om sy gang te gaan en natuurlik te ontvou. Laat jou liggaam en gees toe om te rus.

2.   Rustige omgewing en gewoontes

·         Jou liggaam en brein hou van patrone en roetine – Word jy wakker en gaan slaap jy op dieselfde tyd elke dag?
·         Kalmte en ontspanning bevorder slaap – Is jou slaapkamer ’n netjiese en aangename spasie?
·         Die ligskerms van ons toestelle onderdruk die produksie van die slaaphormoon. Watter stimulasies kan jy voor bedtyd vermy? Dink byvoorbeeld aan televisie-kyk of speletjies speel op jou selfoon.
·         Verwyder tegnologie uit jou kamer – laat gerus jou selfoon in ’n ander kamer laai.
·         Eet swaar etes vroeër in die dag en let op die effek van stimulerende drankies soos koffie of Coke op jou rustyd. Of maak dit wat jy ingeneem het jou wakker en jaag dit jou op na die badkamer? Alkoholiese drankies kan jou dalk makliker aan die slaap laat raak, maar wat is die effek daarvan later in die nag?
·         Kry genoeg fisieke oefening gedurende die dag – al is dit ’n 30-minute vinnige stap in jou omgewing.
·         Neem ’n warm bad of stort voor jy bed toe gaan.
·         Indien jy wakker word in die nag of vroeë oggend, bly in die bed want as jy opstaan, skep dit gewoontes wat jou roetine versteur. Doen spesiale slaaptegniek #3 om jou brein sagkens te fokus. Jy hoef nie per se te slaap om genoeg rus te kry nie. Weet dat wanneer jy ontspan met jou oë toe, jy die nodige rus vir liggaam en gees kry.


Spesiale slaaptegnieke om jou te help om aan die slaap te raak

Voel jou liggaam se kontak met die bed vir ’n paar asemhalings. Geniet dit!
      1.      Speel jou dag vinnig af in jou verbeelding (vir 20-30 sekondes lank) tot waar           jy nou in jou bed lê.
      2.      “Skakel” liggaamsdele een vir een “af” met jou verbeelding. Doen dit van jou voete tot by jou kop.
      3.      Tel stadig terug van 1000 tot by 0.


3.    Bewuswording

Net soos by streshantering  is daar ’n konneksie tussen liggaam en gedagtes. Meer oplettendheid ten opsigte van die sensasies in jou liggaam gedurende die dag beteken meer rustigheid – ook in die nag.

Indien jy byvoorbeeld ’n paar keer per dag jou lyf “skandeer”, kan jy van stres wat opbou, bewus raak. Jou lyf (en gedagtes) kan tot bedaring kom as jy op die gevoel van die sensasies fokus. Jy kan tegelyk kalm en besig wees.

Dit is belangrik dat na jy jou lyf se stem luister en hoor wat dit vir jou wil sê. Jy kan byvoorbeeld agterkom dat jou skouers optrek en daar ’n pyn in jou nek is - jou lyf kommunikeer dan byvoorbeeld aan jou dat dit nie help om dinge (bv. slaap) te wil beheer nie.

Verwagtings, soos ‘Ek behoort goed te slaap!’ kan ’n hindernis wees. ’n Bewuswording van hoe jy oor slaap dink (ook elke keer as jy só dink) in jou dag is handig om die natuurlike proses te laat ontvou. Jy kan dit sagkens - sonder oordeel - raaksien en benoem: ‘Ek raak bewus van... bv. ’n bekommernis oor té min slaap’ – verwoord dit met ’n sin en kom dan terug na wat jy mee besig was.

Jy kan oopkop te wees omdat jy vryheid van denke toelaat. Dit lei daartoe dat jy nie vasgevang raak in bekommernis nie. Die nuuskierigheid in die proses wat ontvou is belangriker as die doel wat jy wou bereik. Deur minder om te gee of jy genoeg of goed slaap en minder daaroor te stres kan die proses gouer natuurlik ontvou en goeie slaap is die byproduk.

In die vervolg vra ons nie eers of jy goed geslaap het nie... Lekker RUS!



What is the Complete Study Course?


The Course is meant to give you or your children practical insight on how to learn more effectively and with less frustration. The lessons in this course can help in learning many different subjects and skills. Whether you love language  or math, music or physics or history, you will have a lot of fun, and learn a LOT about how to study!

It is provided to students at school or university level.

Contact Details
Lucia Brand
082 782 4747

luciabrand@cybersmart.co.za


Wednesday, December 30, 2015

Die top-5 blog-inskrywings vir 2015

Hier is ons weer. 
Die laaste week van die jaar. My laaste bloginskrywing vir 2015 met die top-5 lys!


Hierdie laaste rondte om die son was vir my meer normaal as vorige jare en gewoon is beter as interessant! Ek het besef dat harde werk 'n goeie ding is, maar sy beperkinge het.

Ek weet ook dat baie liefde geen beperkinge het nie. Die lewe gaan daaroor om in die 'gewone' te rus - eerder as die uitsonderlike na te jaag.

Meeste van my bloginskrywings handel oor (studiesukses deur) bewuswording. Ek lys hier die 5 mees populêre i.t.v. Facebook en dan wat die beste is van die res volgens my (Wat ek die meeste geniet het om te skryf!).

Dankie aan elkeen, dat jy my hoor en saam met my luister en dat jy jou eie stem hoor. Ek sien uit om 2016 saam met jou te verken – selfs al is dit heeltemal gewoon!

Die Lucia Brand Bloginskrywings van 2015:


Die Beste van die Res (volgens my):



Wednesday, July 15, 2015

Waar om vrede te vind, as dit jou bly ontwyk

Vooruitgang is 'n goeie ding, maar nie die beste ding nie!


Die tydlose dinge - wat vrede bring


 Jy wil dalk vooruitgaan op sekere terreine in jou lewe... ten alle koste?

Dit beteken dat jy moet aanpas by 'n tydelikheid of 'n oorgangs-ingesteldheid. Jy wil byvoorbeeld byhou by die nuutste tegnologie - as jy nie iets inruil nie, opdateer jy 'n ander ding! Daar is byvoorbeeld nie sprake van: "Hierdie toestel is my telefoon vir meer as 2 jaar nie"... trouens woorde is nie eers staatmakers nie, want ek moet nou praat van 'n selfoon in plaas van 'n telefoon! Of die versnelde pas waarop data-manipulering verander, verg meer van jou aandag as wat jy kan bekostig. Jy kan nie staatmaak op die tydloosheid daarvan nie.

Kan jy moeiliker rustigheid vind of gee jy daarmee 'n sekere mate van vrede prys?

Kyk en SIEN


Ek kyk rond op die strand en byna niemand kyk na hulle toestelle nie. Sommige lees boek en ander verwarm in die Afrika-middagsonnetjie. Golwe klap tydloos teen die rotse en daar is selfs kinders wat baljaar in die water en daar weerklink 'n ewigheid in hulle vreugde.

Wanneer daar tydens die kwartaal 'n geweldige vinnige pas is waarmee die klas werk en die dosent het die regte inspirerende woorde aan iemand, soos "Jy hoort hier! Ek kan sien dis nou bietjie ongemaklik vir jou, maar as jy stuk-stuk werk gaan jy dit bemeester!", kan vrede oor die persoon daal.

'n Jong seun merk eendag op hoe 'n ander kind iets geniet. Dit was toe hy verby 'n ander familie loop wat roomys eet. Die kinders se gesigte het regtig tot hom gespreek en dit was duidelik vir hom hoeveel plesier dit hulle bring. Sy mooi hart het sy ouers s'n laat blom.

'n Ander verhaal wat die vrede oor my laat daal is 'n vriendin wat veldblomme deur die venster van 'n (onbereikbare) hartseer persoon gooi.

Wanneer jy bedag is op tydlose dinge, is dit moeilik om dit NIE raak te sien nie. 


Die bitter-soet van geboorte tot dood en die momente tussenin. 'n Familie wat saam eet. Die verligting van aanraking. Die gemak van gesien-wees, aanvaar word soos jy is en die gevoel dat jy hoort. Al jou wonde en teleurstellings asook oorwinnings, pyn en vreugde maak deel daarvan uit.

Tydlose dinge is oral en dit beteken vrede is oral...

Vrede maak ontspanning moontlik en jy kan beter keuses maak en regtig vooruitgaan...

En wat is vooruitgang, as jy dit nie kan deel nie?



Thursday, June 25, 2015

Wat bepaal jou keuses?

Wat ek doen, kies ek!

Antwoord eers:
Kom dit uit vrees... of liefde?

Die kuns van die lewe lê daarin om te geniet
wat ons sien... en hoor... en voel
en nie te kla oor dit wat nog donker is nie.
Wanneer ons die volgende tree gee en vertrou dat ons genoeg lig maak vir wat volg,
dan dans ons met vreugde
en is ons verras oor hoe ver ons gaan...

Die krag van Vrese

Algemene vrese is BASIESE INFORMASIE en nie evil forces binne my nie – dit is die bedreiging dat ek iets, wat ek nodig het, gaan verloor of nie gaan kry nie.

Hoe kan ek my vrese oorkom?

Deur dit in die gesig te kyk, en te sê: "EK GEE NIE OM NIE!"


...Meanwhile... behind the scenes:

Wanneer iets my kwaad maak, of ek ʼn sterk emosie beleef, hang dit saam met ʼn onvervulde basiese behoefte. Daardie soort emosie sê vir my, daar is iets wat ek nie kry nie. 

Basiese vrese is gebaseer op 
- doodgaan 
- seerkry 
- oorweldiging en inperking (om byvoorbeeld beheer te word) 
- verwerping of om nie waardeer te word nie en 
- vernedering, byvoorbeeld as jy bang is om ʼn toespraak te maak

Vrees is veronderstel om ʼn goeie ding te wees. Dit beskerm my teen hierdie dinge, maar dit kan my vordering of verhoudings nadelig beïnvloed. Byvoorbeeld as ek nie na ʼn partytjie toe gaan nie, omdat ek ongemaklik is in groepe of om nie te vra vir die paar ekstra punte in Geskiedenis nie.

Dis nou tyd om wakker te wees vir die vrees vir ʼn vrees, wat in ons reaksies voorkom. Dit is ʼn kitsrefleks, sonder om eers die bangheid te voel, sê ek iets soos: ”Ek doen nie debat nie!“. Dit is juis hier in die ongemaklike zone waar groei plaasvind!

Dit kan chaoties en deurmekaar wees, maar as ek kalm en helder daaroor dink, waar my reaksies vandaan kom, sal my vrese my minder bang maak en minder beheer.


Die krag van Liefde

 Dan kan ek kies om te kry wat ek nodig het. Die self-dissipline om hard te werk aan jou toespraak is liefde teenoor jouself. Liefde teenoor ander is ook hier ter sprake, wanneer ek sien wat hulle nodig het, en DIT vir hulle kan gee.

Of ek kan kies om NET MINDER OM TE GEE (byvoorbeeld om eintlik uit te sien daarna om ʼn fool van myself te maak!)

***

Maar intussen – as ek wakker is en oplet – gaan dit mooi wees. Wanneer ek my seëninge tel – selfs in my grootste foute, kan ek nie verkeerd gaan nie.

Cheers op dankbaarheid!
Cheers op liefde!

Vir professionele advies, soek asb die dienste van  ʼn berader wat die nodige toegewyde ure neem om meer bekend te word met jou spesifieke situasie. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir nadelige gevolge a.g.v. jou interaksie met die blog nie.


Tuesday, March 11, 2014

My dienste sluit in:


My dienste sluit in:


Volledige Studie-kursus - Individuele en/of kleingroep sessies



 Intelligensie-profiel evaluasie
Ouerleiding
Aandagafleibaarheid
Tydsbenutting
Streshantering


U kind leer studeer pret maak, deur sy/haar sterk punte!


Ons kyk saam na vaardighede om die brein beter te gebruik:



1.   Studiemetodes


• Hoe leervakke en probleemoplossingsvakke, in ooreestemming met unieke intelligensieprofiel, opgesom en geleer kan word


• Die hersiening van die werk


• Geheuetegnieke en breinkaarte om leer pret te maak


2.   Tydsbenutting


3.   Streshantering


• Toets- of eksamendag


• Bewuswording, Gedagte-werk en ontspanningsoefeninge