Showing posts with label beter keuses. Show all posts
Showing posts with label beter keuses. Show all posts

Wednesday, December 30, 2015

Die top-5 blog-inskrywings vir 2015

Hier is ons weer. 
Die laaste week van die jaar. My laaste bloginskrywing vir 2015 met die top-5 lys!


Hierdie laaste rondte om die son was vir my meer normaal as vorige jare en gewoon is beter as interessant! Ek het besef dat harde werk 'n goeie ding is, maar sy beperkinge het.

Ek weet ook dat baie liefde geen beperkinge het nie. Die lewe gaan daaroor om in die 'gewone' te rus - eerder as die uitsonderlike na te jaag.

Meeste van my bloginskrywings handel oor (studiesukses deur) bewuswording. Ek lys hier die 5 mees populêre i.t.v. Facebook en dan wat die beste is van die res volgens my (Wat ek die meeste geniet het om te skryf!).

Dankie aan elkeen, dat jy my hoor en saam met my luister en dat jy jou eie stem hoor. Ek sien uit om 2016 saam met jou te verken – selfs al is dit heeltemal gewoon!

Die Lucia Brand Bloginskrywings van 2015:


Die Beste van die Res (volgens my):



Monday, May 25, 2015

Studente en leerders: Kom jy agter jy staan in jou eie pad?

Self-saboetasie

Kom jy agter jy staan in jou eie pad?


"Hoekom moet ek leer?" 

Sodat jy nie werkloos is nie! 

 - Ja, daar is 'n denkbeeldige geweer teen jou kop

WERK!


"Maar my tyd is  min..."

NEE, maak 'n koue keuse: "Ek gaan Wiskunde doen i.p.v. games (of vul jou eie aktiwiteit in) speel."

- Iets moet 'doodgaan', sodat iets anders kan lewe!


"Eendag gaan ek - magically - 'n professionele persoon wees"...   

Nie as jy Crossy Road vir 5 ure per dag speel nie...

Nee, dit wat jy oefen, gaan jy verbeter...


***

Wees in die proses - nie die eind-produk nie!
bv. "Ek gaan twee 25 min-sessies Algebra Wiskunde doen
- Vandag!


***
Lieg jy vir jouself oor wat jy wil hê?


Onderskei tussen die breë skouers van Arnold Schwarzenegger/wêreldvrede (waaroor jy geen beheer het nie) 


en iets wat jy 100% kan najaag soos fiksheid/vrede in jou eie verhoudinge.



GO FOR IT!