Showing posts with label finding peace. Show all posts
Showing posts with label finding peace. Show all posts

Thursday, July 7, 2016

Effective and peaceful studying

Are you in conflict with your child about studying?
Do you nag, shout, threaten, punish your child, or ignore the issue?
Is this strategy working?

The good news is that you are not alone – conflict is very common and there is hope for your situation!


Instead of the above-mentioned strategies, rely on


     ·        Teaching: “Just do it!” – making homework a habit takes less energy and it is a valuable life lesson to develop self-discipline.
     ·        Feeding the ‘good wolf’ – praise the positive actions and let them reward themselves after a series of study sessions.
     ·        Don’t protect him/her against the Natural Consequences at school, like receiving a penalty for not handing in work on time.


What is the Complete Study Course?


The Course is meant to give you or your children practical insight on how to learn more effectively and with less frustration. The lessons in this course can help in learning many different subjects and skills. Whether you love language  or math, music or physics or history, you will have a lot of fun, and learn a LOT about how to study!
It is provided to students at school or university level.

Contact Details
Lucia Brand
082 782 4747
luciabrand@cybersmart.co.za


Wednesday, July 15, 2015

Waar om vrede te vind, as dit jou bly ontwyk

Vooruitgang is 'n goeie ding, maar nie die beste ding nie!


Die tydlose dinge - wat vrede bring


 Jy wil dalk vooruitgaan op sekere terreine in jou lewe... ten alle koste?

Dit beteken dat jy moet aanpas by 'n tydelikheid of 'n oorgangs-ingesteldheid. Jy wil byvoorbeeld byhou by die nuutste tegnologie - as jy nie iets inruil nie, opdateer jy 'n ander ding! Daar is byvoorbeeld nie sprake van: "Hierdie toestel is my telefoon vir meer as 2 jaar nie"... trouens woorde is nie eers staatmakers nie, want ek moet nou praat van 'n selfoon in plaas van 'n telefoon! Of die versnelde pas waarop data-manipulering verander, verg meer van jou aandag as wat jy kan bekostig. Jy kan nie staatmaak op die tydloosheid daarvan nie.

Kan jy moeiliker rustigheid vind of gee jy daarmee 'n sekere mate van vrede prys?

Kyk en SIEN


Ek kyk rond op die strand en byna niemand kyk na hulle toestelle nie. Sommige lees boek en ander verwarm in die Afrika-middagsonnetjie. Golwe klap tydloos teen die rotse en daar is selfs kinders wat baljaar in die water en daar weerklink 'n ewigheid in hulle vreugde.

Wanneer daar tydens die kwartaal 'n geweldige vinnige pas is waarmee die klas werk en die dosent het die regte inspirerende woorde aan iemand, soos "Jy hoort hier! Ek kan sien dis nou bietjie ongemaklik vir jou, maar as jy stuk-stuk werk gaan jy dit bemeester!", kan vrede oor die persoon daal.

'n Jong seun merk eendag op hoe 'n ander kind iets geniet. Dit was toe hy verby 'n ander familie loop wat roomys eet. Die kinders se gesigte het regtig tot hom gespreek en dit was duidelik vir hom hoeveel plesier dit hulle bring. Sy mooi hart het sy ouers s'n laat blom.

'n Ander verhaal wat die vrede oor my laat daal is 'n vriendin wat veldblomme deur die venster van 'n (onbereikbare) hartseer persoon gooi.

Wanneer jy bedag is op tydlose dinge, is dit moeilik om dit NIE raak te sien nie. 


Die bitter-soet van geboorte tot dood en die momente tussenin. 'n Familie wat saam eet. Die verligting van aanraking. Die gemak van gesien-wees, aanvaar word soos jy is en die gevoel dat jy hoort. Al jou wonde en teleurstellings asook oorwinnings, pyn en vreugde maak deel daarvan uit.

Tydlose dinge is oral en dit beteken vrede is oral...

Vrede maak ontspanning moontlik en jy kan beter keuses maak en regtig vooruitgaan...

En wat is vooruitgang, as jy dit nie kan deel nie?