Showing posts with label groei. Show all posts
Showing posts with label groei. Show all posts

Monday, September 14, 2015

Motivering - Waarom doen jy dit?

What motivates you to learn or overcome difficult circumstances?


The fact that you have to compete with others and the fear of missing out or falling out can be a negative motivation. Your ego is the one trying to protect you by playing games on a ladder of some sort or hierarchy – but with closer inspection, you find that this ladder leads nowhere! Realising this, you not only meet the other person(s) as fellow human beings, but also want to make a difference in the world – fulfillment results from having meaning!

You become aware of a different kind of ladder (or stepping stones). A ladder that leads from here to there! It is your soul that has to decide where you want to be instead of where you are at this point.  With every right choice you make, you move closer to achieving your goal.


Wat is die verskil tussen die leer wat jou êrens bring en die leer wat jou nêrens bring nie?


Adolessensie kan rof wees... Fisies kry jy aknee en ’n nuwe lyf waarmee jy tuis moet raak.

Jy het geen beheer oor jou lewe nie. Emosioneel, is jy miskien onseker oor waar jy hoort. As jy met jouself eerlik is, moet jy nog agterkom hoekom jy op hierdie planeet is.

Elkeen probeer sin maak van die verwarring en vind stabiliteit by die ego. Jou ego is jou (ambisieuse) beskermer of innerlike bodyguard. Omtrent almal gebruik hierdie kortpad om hulself die gevoel van kontrole te gee. Dit laat jou meer in beheer voel as jy 'n hiërargie skep!

Wat sien jou ego?


Jou ego sien die lewe as beter, hoe hoër jy op die leer is! Alles is ’n kompetisie. Vrae ontstaan wanneer jy tussen ander is soos, “Is hy/sy laer of hoër as ek, op die leer?” En die ‘oorlog-voering’ om op te beweeg en verby te beweeg, begin...

Maar is daar regtig iets om na op te beweeg?

As jy jou siel kan laat praat, sal dit 'n ander storie wees!

Met jou siel aan die woord, kan jy jammer sê vir die keer wat jy gedink het iemand is beter as jy (toe jy opgetree het asof jy beter was as hy/sy).  Of jy kan jammer sê toe jy iemand op die leer gesit het om teen mee te ding! Of dat jy ’n ander onder jou op die leer gesit het en gemaak het asof jy wen... Of jammer voel dat jou speletjies jou bietjie minder werd gemaak het en verhoed het om ander as normale medemens te behandel (soos die mens wat jy is).

(As ouers is ons ook almal in dieselfde boot: elkeen van ons hanteer spanning soos lenings terug te betaal, kinders op te voed en/of te werk, stukkende swembadpompe ens. Maar soms voel dit asof jy die enigste een is by wie daar chaos heers!).

Is growing up really moving up? Of gaan volwassenheid nie meer oor die bewustheid dat ons saam in hierdie ding is nie? Growing up is rather moving towards one another. My ego word dan vervang met my siel wat sê, “Dis goed om jou (regtig) te sien!”of “Dis goed om jou vir die eerste keer te sien!”.




Die leer wat loop van hier tot daar waar ek wil kom.


Selfontwikkeling kan gebeur as daar ’n doelwit is - ’n rigting wat sin gee aan jou lewe. Daar is ’n goeie spanning tussen ‘hoe ek nou is’ en ‘hoe ek kan wees’. Dit help jou om te kan uitstyg bo enige moeilike situasie en jou besluite positief te beïnvloed.

Ons is mens deur ander mense. Om in die wêreld betekens te bring kan tot selfvervulling lei.  Dit voel bowendien lekker om ’n verskil te maak in iemand anders se lewe.

Elkeen besluit self waarheen sy/haar leer loop (van waar ek nou is tot daar waar ek wil kom), sodat hy/sy verantwoordelikheid daarvoor neem.

As jy byvoorbeeld moet studeer, bepaal jy self hoe jy gaan optree, nl. gee jy in of oorwin jy daardie oomblik van huiwering. Selfgesentreerdheid word vertroetel en versterk as ek verskonings maak vir die werk wat gedoen moet word.




Vir professionele individuele advies en 'n volledige studiekursus kontak my by 082 782 4747.
Lucia Brand (M Ed - Opv Slk)
Soek asb die dienste van  ʼn berader, indien nodig, wat die nodige toegewyde ure neem om meer bekend te word met jou spesifieke situasie. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir nadelige gevolge a.g.v. jou interaksie met hierdie blog nie.


Thursday, June 25, 2015

Wat bepaal jou keuses?

Wat ek doen, kies ek!

Antwoord eers:
Kom dit uit vrees... of liefde?

Die kuns van die lewe lê daarin om te geniet
wat ons sien... en hoor... en voel
en nie te kla oor dit wat nog donker is nie.
Wanneer ons die volgende tree gee en vertrou dat ons genoeg lig maak vir wat volg,
dan dans ons met vreugde
en is ons verras oor hoe ver ons gaan...

Die krag van Vrese

Algemene vrese is BASIESE INFORMASIE en nie evil forces binne my nie – dit is die bedreiging dat ek iets, wat ek nodig het, gaan verloor of nie gaan kry nie.

Hoe kan ek my vrese oorkom?

Deur dit in die gesig te kyk, en te sê: "EK GEE NIE OM NIE!"


...Meanwhile... behind the scenes:

Wanneer iets my kwaad maak, of ek ʼn sterk emosie beleef, hang dit saam met ʼn onvervulde basiese behoefte. Daardie soort emosie sê vir my, daar is iets wat ek nie kry nie. 

Basiese vrese is gebaseer op 
- doodgaan 
- seerkry 
- oorweldiging en inperking (om byvoorbeeld beheer te word) 
- verwerping of om nie waardeer te word nie en 
- vernedering, byvoorbeeld as jy bang is om ʼn toespraak te maak

Vrees is veronderstel om ʼn goeie ding te wees. Dit beskerm my teen hierdie dinge, maar dit kan my vordering of verhoudings nadelig beïnvloed. Byvoorbeeld as ek nie na ʼn partytjie toe gaan nie, omdat ek ongemaklik is in groepe of om nie te vra vir die paar ekstra punte in Geskiedenis nie.

Dis nou tyd om wakker te wees vir die vrees vir ʼn vrees, wat in ons reaksies voorkom. Dit is ʼn kitsrefleks, sonder om eers die bangheid te voel, sê ek iets soos: ”Ek doen nie debat nie!“. Dit is juis hier in die ongemaklike zone waar groei plaasvind!

Dit kan chaoties en deurmekaar wees, maar as ek kalm en helder daaroor dink, waar my reaksies vandaan kom, sal my vrese my minder bang maak en minder beheer.


Die krag van Liefde

 Dan kan ek kies om te kry wat ek nodig het. Die self-dissipline om hard te werk aan jou toespraak is liefde teenoor jouself. Liefde teenoor ander is ook hier ter sprake, wanneer ek sien wat hulle nodig het, en DIT vir hulle kan gee.

Of ek kan kies om NET MINDER OM TE GEE (byvoorbeeld om eintlik uit te sien daarna om ʼn fool van myself te maak!)

***

Maar intussen – as ek wakker is en oplet – gaan dit mooi wees. Wanneer ek my seëninge tel – selfs in my grootste foute, kan ek nie verkeerd gaan nie.

Cheers op dankbaarheid!
Cheers op liefde!

Vir professionele advies, soek asb die dienste van  ʼn berader wat die nodige toegewyde ure neem om meer bekend te word met jou spesifieke situasie. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir nadelige gevolge a.g.v. jou interaksie met die blog nie.


Wednesday, May 13, 2015

Vir ouers, studente en leerders: Hoe sien jy stres?

Hoe sien jy stres?

Hier is ’n paar klein perspektief-skuiwe wat jou kan bemagtig:

- Stres is ’n aanduiding dat jy ’n doelgerigte lewe lei.

Dieselfde omstandighede wat spanningsvol is, gee positiewe ervaringe. Dit gee ook weer, in hoe groot mate jy betrokke is by dinge wat liefde en groei in jou lewe bring.

- ’n Positiewe uitkyk – In plaas van “Hierdie toets maak my bang!”, eerder “Hierdie toets het my gedetermineerd om my bes te doen!”

Navorsing toon dat jy gesonder en gelukkiger leef en meer produktief werk wanneer jy glo dat stres jou help om jou bes te doen – selfs in moeilike en baie stresvolle tye.

- Verander stresvolle momente in geleenthede vir groei.

Herken ‘n sinvolle lewe is ook ‘n stresvolle lewe. Die stres beteken nie dat daar fout is met jou nie, maar iets waarvoor jy omgee is in gedrang. Wat is dit waarvoor jy omgee? Sien dit as geleenthede vir groei. En glo dat jy die uitdaging kan hanteer. The Upside of Stress – McGonigal, prof. by Stanford Universiteit

Benaderings om vrese te oorkom

Identifiseer die ‘Indringer-sindroom‘ - die band wat speel in jou kop wat sê jy hoort nie, daar in die moeilike situasie, waar jy is nie... bv. “Almal anders kan die vrae beantwoord, maar ek kan nie en ek gaan uitgevang word...“ Dit is baie algemeen en die mag lê daarin om dit raak te sien, naamlik: “Dit is net die indringer-sindroom; ek het al ‘n uitdaging gehad en oorwin – ek moet net stuk vir stuk aanhou werk.“

 



As jy bang is dat iemand anders eerste met iets sal wees, is dit belangrik om die groter prentjie raak te sien – kom in voeling met die groter geheel en van wat jy doen en vir ander beteken. 

Onthou die belangrikheid van verhoudinge en menslike kontak.

Roep positiewe terugvoering op.

Maak jou los van jou vak/produk/werk. “If I fully identify with my product and then it falls over, then just through classic logic I have fallen over. And that’s a really dangerous place to be in the volatile world.” Om hierdie vrees te oorkom, beveel Gunatillake die volgende denkoefening aan: “It’s not about believing the words, it’s about taking on the words and then noticing what comes up in the mind in response…I am not my Twitter bio. I am not my resume. I am not my company. I am not my work.”

Lucia Brand, 
Educational Psychology - Study Counsellor
082 782 4747

For professional and customized advice, you should seek the services of a counselor who can dedicate the hours necessary to become more intimately familiar with your specific situation. I do not assume liability for any portion or content of material on the blog and accept no liability for damage or injury resulting from your decision to interact with the website.