Showing posts with label ego. Show all posts
Showing posts with label ego. Show all posts

Monday, September 14, 2015

Motivering - Waarom doen jy dit?

What motivates you to learn or overcome difficult circumstances?


The fact that you have to compete with others and the fear of missing out or falling out can be a negative motivation. Your ego is the one trying to protect you by playing games on a ladder of some sort or hierarchy – but with closer inspection, you find that this ladder leads nowhere! Realising this, you not only meet the other person(s) as fellow human beings, but also want to make a difference in the world – fulfillment results from having meaning!

You become aware of a different kind of ladder (or stepping stones). A ladder that leads from here to there! It is your soul that has to decide where you want to be instead of where you are at this point.  With every right choice you make, you move closer to achieving your goal.


Wat is die verskil tussen die leer wat jou êrens bring en die leer wat jou nêrens bring nie?


Adolessensie kan rof wees... Fisies kry jy aknee en ’n nuwe lyf waarmee jy tuis moet raak.

Jy het geen beheer oor jou lewe nie. Emosioneel, is jy miskien onseker oor waar jy hoort. As jy met jouself eerlik is, moet jy nog agterkom hoekom jy op hierdie planeet is.

Elkeen probeer sin maak van die verwarring en vind stabiliteit by die ego. Jou ego is jou (ambisieuse) beskermer of innerlike bodyguard. Omtrent almal gebruik hierdie kortpad om hulself die gevoel van kontrole te gee. Dit laat jou meer in beheer voel as jy 'n hiërargie skep!

Wat sien jou ego?


Jou ego sien die lewe as beter, hoe hoër jy op die leer is! Alles is ’n kompetisie. Vrae ontstaan wanneer jy tussen ander is soos, “Is hy/sy laer of hoër as ek, op die leer?” En die ‘oorlog-voering’ om op te beweeg en verby te beweeg, begin...

Maar is daar regtig iets om na op te beweeg?

As jy jou siel kan laat praat, sal dit 'n ander storie wees!

Met jou siel aan die woord, kan jy jammer sê vir die keer wat jy gedink het iemand is beter as jy (toe jy opgetree het asof jy beter was as hy/sy).  Of jy kan jammer sê toe jy iemand op die leer gesit het om teen mee te ding! Of dat jy ’n ander onder jou op die leer gesit het en gemaak het asof jy wen... Of jammer voel dat jou speletjies jou bietjie minder werd gemaak het en verhoed het om ander as normale medemens te behandel (soos die mens wat jy is).

(As ouers is ons ook almal in dieselfde boot: elkeen van ons hanteer spanning soos lenings terug te betaal, kinders op te voed en/of te werk, stukkende swembadpompe ens. Maar soms voel dit asof jy die enigste een is by wie daar chaos heers!).

Is growing up really moving up? Of gaan volwassenheid nie meer oor die bewustheid dat ons saam in hierdie ding is nie? Growing up is rather moving towards one another. My ego word dan vervang met my siel wat sê, “Dis goed om jou (regtig) te sien!”of “Dis goed om jou vir die eerste keer te sien!”.




Die leer wat loop van hier tot daar waar ek wil kom.


Selfontwikkeling kan gebeur as daar ’n doelwit is - ’n rigting wat sin gee aan jou lewe. Daar is ’n goeie spanning tussen ‘hoe ek nou is’ en ‘hoe ek kan wees’. Dit help jou om te kan uitstyg bo enige moeilike situasie en jou besluite positief te beïnvloed.

Ons is mens deur ander mense. Om in die wêreld betekens te bring kan tot selfvervulling lei.  Dit voel bowendien lekker om ’n verskil te maak in iemand anders se lewe.

Elkeen besluit self waarheen sy/haar leer loop (van waar ek nou is tot daar waar ek wil kom), sodat hy/sy verantwoordelikheid daarvoor neem.

As jy byvoorbeeld moet studeer, bepaal jy self hoe jy gaan optree, nl. gee jy in of oorwin jy daardie oomblik van huiwering. Selfgesentreerdheid word vertroetel en versterk as ek verskonings maak vir die werk wat gedoen moet word.




Vir professionele individuele advies en 'n volledige studiekursus kontak my by 082 782 4747.
Lucia Brand (M Ed - Opv Slk)
Soek asb die dienste van  ʼn berader, indien nodig, wat die nodige toegewyde ure neem om meer bekend te word met jou spesifieke situasie. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir nadelige gevolge a.g.v. jou interaksie met hierdie blog nie.


Wednesday, July 22, 2015

Students and learners: Relationships and your ego matter

                    

Students and learners: 

Relationships matter

Your ego matters when you execute that BIG moment of yours!  Your ego makes conflict difficult, painful or dangerous... and the other person or yourself.



Take the challenge  to pay attention to YOU getting in your own way and allow your soul, instead of your ego to rule your world (and trust that you can).

 Hoekom ek daarvan hou as my kinders baklei?



Alles maak saak



My doel as studieberader is nie net om vir jou te leer hoe om jou werk te onthou nie. 
Jou denkwyse, verhoudinge, emosies, liggaam en gees kom saam om 'n geheel te vorm in hierdie proses totdat jy iets tot uitvoering bring... Die oomblik van uitvoering kan byvoorbeeld wees as jy moet leer of as jy toets skryf. Ander voorbeelde is debatvoering of as jy aan 'n wedstryd deelneem. Wanneer jy in 'n belangrike oomblik van uitvoering is, tel alles. 
Voel jy soms te lui om te leer, te 'gerattle' om korrek te reageer of te besorg oor hoe jou hare lyk? Wil jy uit jou eie pad kom om beter te doen?
Is jy op die oomblik op 'speaking terms' met die belangrike mense in jou lewe? Of veroorsaak jou broer of suster vir jou baie irritasie?

'n Gesin met gesonde verhoudings stem nie oor alles saam nie. 

Moenie wegdoen met konflik nie, doen weg met jou ego:



Die ego in my en jou is wat maak, dat ons per se moet wen en dat die ander een altyd verkeerd is. Vir my ego is dit altyd sleg om te verloor en dat ons  ten alle koste moet wen. Dis wat dit vir my moeilik maak om te erken dat ek 'n fout gemaak het. 

Vir jare het ek gedink dat dit nie moontlik is om die ego te stil nie, maar om eerder konflik of moeilike uitdagings te vermy. Ek is nie die enigste een nie. Ek sien baie kliënte waarvoor dit makliker geword het om in stilte te lewe - sonder om te kommunikeer. Of vir ander is die ongemak van iets nuuts te leer te groot.

Dit is in verhoudinge nie die konflik as sulks nie, maar die ego in die konflik, wat dit destruktief maak - aanval en afbreek i.p.v. heel en opbou. 


Ego maak konflik 'n mynveld - jou ego is nie jou vriend of die vriend van ander nie.


'Opportunity dances with those already on the dance floor'. Dis hoekom ek daarvan hou as my kinders baklei. Dit gee hulle 'n kans om hul ego bietjie vir bietjie af te sterf - wanneer hul met integriteit stry sonder kritiek, beledigings of blaam.

Dink gerus aan die Stormers en Blou Bulle se geveg op die rugby-veld, waarna hulle dan hartlik mekaar se hande skud na die spel verby is. Konflik/uitdaging is nie daar om ons uitmekaar te dryf nie, maar eerder nader aan mekaar. 'n Oefenveld vir groei en heelword.


Die plek waar ek nie hoef te wen nie, maar genoeg en okay is dat ons verskil. Genoeg is om regtig te luister en om te verstaan sonder om met iemand hoef saam te stem. Sonder om bedreig te voel, jou kant van die saak te stel en te beredeneer. 

Om by hierdie plek te kom, moet ek bevraagteken wat ek dink... leer meer hieroor in die kursus.