Showing posts with label studiekursus. Show all posts
Showing posts with label studiekursus. Show all posts

Thursday, October 27, 2016

Eksamenvoorbereiding


Sukkel jy om aan die leer te kom?
Gee die gedagte dat jy iets moet opsom vir jou ’n pyn?

Hierdie bloginskrywing gaan daaroor om iets wat jy nie kan verander nie, te aanvaar.


A hero is someone who has embraced all of life, not just the blissful parts.


Hoe kan aanvaarding jou help in eksamenvoorbereiding?

Dis heeltemal normaal om van baie dinge in jou dag nie te hou nie. As jy mooi oplet sal jy agterkom hoe dikwels dit gebeur dat jy voel dat iets onaangenaam is en dat jy weerstand daarteen bied.

Jy moet byvoorbeeld leer vir die eksamen en jy wil nie.

As jy uitstel om aan die leer te kom is dit moeilik om deur die werk te kom en onmoontlik vir jou om die feite te hersien en lank te onthou  - dus gaan die kennis nie na jou langtermyngeheue toe nie. 

Dit kan ’n patroon word en dan veroorsaak dit ’n probleem vir jou. Jy kan byvoorbeeld so lank uitstel om te leer dat jy nie jou teikenpunte haal nie.

Hoe aanvaarding van jou situasie jou kan help:

As jy ’n groter mate van aanvaarding in jou lewe te ervaar kan dit baie vir jouself (en vir mense om jou) beteken. Jy kan insig kry hoe om jou potensiaal bereik en jou droom verwesenlik. Miskien weet jy nog nie presies watter loopbaan jy wil volg nie, maar goeie punte maak baie deure vir jou oop!

Ons wil leer hoe om ’n spasie te skep waarin hierdie patroon van werksontwyking ontrafel kan word. Dit hoef nie ’n probleem te word nie.

Dit gaan ook hier oor die wete wanneer jy iets kán verander en hoe om dit reg te doen. Maar soms kan jy dit wat ís, nie verander nie en dan het jy ’n keuse: Wil jy dit met jou saamdra in jou kop, of nie?

Indien jy nie erken as jy ’n weerstand teen leer het nie, kan dit veroorsaak dat jy aanhou tyd mors en té laat begin leer.

Indien jou keuse is dat jy dit nie meer wil saamdra in jou kop nie dan moet jy oplettend wees deur jou dag. Die volgende kan oral in jou lewe toegepas word en dis handig om jouself die volgende vraag te vra en daaroor te reflekteer.

Vra jouself, ‘Wie of wat ontlok op hierdie oomblik weerstand by jóú?’

Dit behels die raaksien, in die oomblik, wie of wat ’n weerstand by jou ontlok. Wag en kyk wat gebeur as jy daarvan bewus word en dit erken, byvoorbeeld, ‘Ek raak bewus daarvan dat ek ’n weerstand het teen... leer/werk opsom/die Wiskunde-onderwyser... ’.  Hoe voel dit? Kyk wat gebeur in jou liggaam... en moet dit nie met jou intellek uitwerk nie. Dit gaan oor die ervaring van laat gaan.

Sommige studente sien aanvaarding as ’n idee en “probeer“ te hard om iets te probeer aanvaar – wat ook nie werk nie. Byvoorbeeld dit is nie om te probeer aanvaar dat dit een van die dae eksamen is nie. Dit neem jou ’n stap verder weg van aanvaarding van jou situasie. Wanneer jy ongewensde gedagtes en gevoelens erken dan verdwyn dit meestal vanself. Dan aanvaar jy dit wat nodig is om te doen.

Laat ek verduidelik:

Slegs as jy dit wat jy nie van hou nie, identifiseer, kan jy dit laat gaan. Jy hoef niks te doen in die oomblik van erkenning van die weerstand nie, dit net benoem (as iets wat losstaan van jouself) en te voel hoe dit voel, dan gebeur dit net – dit los vanself op.

Dit gee jou duidelikheid dat jy weet wat om te doen. Om eenvoudig by jou lessenaar te gaan sit; jou stophorlosie te stel en jou bes te doen in dáárdie studiesessie.


Dit gee jou ook insig in jouself, bv. ‘Ek raak bewus dat ek ’n weerstand het teen... bv. vrees dat ek nie sal onthou wat ek leer nie’. Net wanneer jy die weerstand (teen die gevoel) identifiseer, kan jy dit laat gaan. Dan weet jy om iemand se hulp te vra oor hoe om reg te leer om die feite te onthou.

Wanneer daar nie weerstand is nie, is daar aanvaarding. Ons hoef nie te probeer om ’n beter student/mens te word nie, maar net die weerstand teenoor dinge (en mense) op te gee. En dié proses te laat ontvou en nie té hard te probeer om ’n sekere gemoedstoestand te verkry nie omdat dit gedagtes juis vernou.

Jy is juis oopkop en dapper as jy sien en erken wat jy dink en voel en die regte aksie neem. Dan kan jy glo en in afwagting wees dat jy goeie punte gaan kry!

Lekker leer!



You are here, on this planet, in this life, walking on this ground, breathing this air, and fighting this good fight to find the hero inside of you. Dr. Kelly Flanagan


What is the Complete Study Course?


The Course is meant to give you or your children practical insight on how to learn more effectively and with less frustration. The lessons in this course can help in learning many different subjects and skills. Whether you love language  or math, music or physics or history, you will have a lot of fun, and learn a LOT about how to study!

It is provided to students at school or university level.

Contact Details
Lucia Brand
082 782 4747

luciabrand@cybersmart.co.za


Thursday, October 20, 2016

Studiesukses hang af van goeie slaap.

Slaap jy gewoonlik goed voor jy 'n toets skryf?
Dit skerp op wat jy vir die toets moet ken, want dit herhaal en verdiep wat jy geleer het. So ongeveer 7 tot 8 ure slaap elke aand help jou om  probleme op te kan los.

Hierdie is egter geen strategie om slaapprobleme reg te maak nie. Ek wil graag vir jou riglyne gee om die konsep van slaap beter te verstaan. 
Probleme los dan vanself op.


                                                                                                                                  
Oorweeg die volgende:

1.   Ontwikkel ’n ander benadering tot slaap

As jy nie tevrede is met die kwaliteit van jou slaap nie, kan dit frustrerend wees. As jy hard probeer om beter te slaap, kan dit ’n saak raak wat te veel gewig dra. Hoe meer jy dit wil forseer, hoe swakker is die resultate.

Wanneer jy vir jouself sê om vinnig aan die slaap te raak omdat jy helder moet wees vir die volgende oggend se toets, stimuleer dit net meer stresvolle gedagtes wat slaap teëwerk. Dit veroorsaak dat jy juis verder weg is van slaap.

Laat vaar jou doelwit! Verander jou strategie om langer/beter/gouer te slaap, na 
minder besorgd te wees oor slaap. Dink oor slaap as bloot iets wat jy aan die einde 
van die dag doen en gee nie erns aan die saak nie.

Moenie gepla - of nie gepla - wees oor die hoeveelheid of kwaliteit van slaap wat jy kry nie.

Jou liggaam weet hoe om te slaap – laat die natuur toe om sy gang te gaan en natuurlik te ontvou. Laat jou liggaam en gees toe om te rus.

2.   Rustige omgewing en gewoontes

·         Jou liggaam en brein hou van patrone en roetine – Word jy wakker en gaan slaap jy op dieselfde tyd elke dag?
·         Kalmte en ontspanning bevorder slaap – Is jou slaapkamer ’n netjiese en aangename spasie?
·         Die ligskerms van ons toestelle onderdruk die produksie van die slaaphormoon. Watter stimulasies kan jy voor bedtyd vermy? Dink byvoorbeeld aan televisie-kyk of speletjies speel op jou selfoon.
·         Verwyder tegnologie uit jou kamer – laat gerus jou selfoon in ’n ander kamer laai.
·         Eet swaar etes vroeër in die dag en let op die effek van stimulerende drankies soos koffie of Coke op jou rustyd. Of maak dit wat jy ingeneem het jou wakker en jaag dit jou op na die badkamer? Alkoholiese drankies kan jou dalk makliker aan die slaap laat raak, maar wat is die effek daarvan later in die nag?
·         Kry genoeg fisieke oefening gedurende die dag – al is dit ’n 30-minute vinnige stap in jou omgewing.
·         Neem ’n warm bad of stort voor jy bed toe gaan.
·         Indien jy wakker word in die nag of vroeë oggend, bly in die bed want as jy opstaan, skep dit gewoontes wat jou roetine versteur. Doen spesiale slaaptegniek #3 om jou brein sagkens te fokus. Jy hoef nie per se te slaap om genoeg rus te kry nie. Weet dat wanneer jy ontspan met jou oë toe, jy die nodige rus vir liggaam en gees kry.


Spesiale slaaptegnieke om jou te help om aan die slaap te raak

Voel jou liggaam se kontak met die bed vir ’n paar asemhalings. Geniet dit!
      1.      Speel jou dag vinnig af in jou verbeelding (vir 20-30 sekondes lank) tot waar           jy nou in jou bed lê.
      2.      “Skakel” liggaamsdele een vir een “af” met jou verbeelding. Doen dit van jou voete tot by jou kop.
      3.      Tel stadig terug van 1000 tot by 0.


3.    Bewuswording

Net soos by streshantering  is daar ’n konneksie tussen liggaam en gedagtes. Meer oplettendheid ten opsigte van die sensasies in jou liggaam gedurende die dag beteken meer rustigheid – ook in die nag.

Indien jy byvoorbeeld ’n paar keer per dag jou lyf “skandeer”, kan jy van stres wat opbou, bewus raak. Jou lyf (en gedagtes) kan tot bedaring kom as jy op die gevoel van die sensasies fokus. Jy kan tegelyk kalm en besig wees.

Dit is belangrik dat na jy jou lyf se stem luister en hoor wat dit vir jou wil sê. Jy kan byvoorbeeld agterkom dat jou skouers optrek en daar ’n pyn in jou nek is - jou lyf kommunikeer dan byvoorbeeld aan jou dat dit nie help om dinge (bv. slaap) te wil beheer nie.

Verwagtings, soos ‘Ek behoort goed te slaap!’ kan ’n hindernis wees. ’n Bewuswording van hoe jy oor slaap dink (ook elke keer as jy só dink) in jou dag is handig om die natuurlike proses te laat ontvou. Jy kan dit sagkens - sonder oordeel - raaksien en benoem: ‘Ek raak bewus van... bv. ’n bekommernis oor té min slaap’ – verwoord dit met ’n sin en kom dan terug na wat jy mee besig was.

Jy kan oopkop te wees omdat jy vryheid van denke toelaat. Dit lei daartoe dat jy nie vasgevang raak in bekommernis nie. Die nuuskierigheid in die proses wat ontvou is belangriker as die doel wat jy wou bereik. Deur minder om te gee of jy genoeg of goed slaap en minder daaroor te stres kan die proses gouer natuurlik ontvou en goeie slaap is die byproduk.

In die vervolg vra ons nie eers of jy goed geslaap het nie... Lekker RUS!



What is the Complete Study Course?


The Course is meant to give you or your children practical insight on how to learn more effectively and with less frustration. The lessons in this course can help in learning many different subjects and skills. Whether you love language  or math, music or physics or history, you will have a lot of fun, and learn a LOT about how to study!

It is provided to students at school or university level.

Contact Details
Lucia Brand
082 782 4747

luciabrand@cybersmart.co.za


Thursday, November 5, 2015

Ouers, alles maak saak


Alles maak saak wanneer jy leer om te leer...




Ek is bly jy is hier. Waarom word jy nie deel van die gesprek nie?

(Please scroll down for a summary in English.)

Vanoggend vra ek myself ‘n paar ernstige vrae: Wanneer sal ek uiteindelik voel ek is goed genoeg vir GOED?; Wanneer sal ek nooit meer oorweldig voel deur my kinders nie?; Wanneer sal heeltemal gemaklik voel om my ware self vir die wêreld te wys? Wanneer gaan ek finaal aanvaar ek is besig om ouer te word (en dood te gaan) en daar is nie juis veel is wat ek daaraan kan doen nie? Toe moes ek al hierdie vrae met een woord antwoord:

Nooit.

En dankie, tog!

Ons praat oor bewustelik lewe en groei - alles maak saak in hierdie reistog oor leer hoe om te leer.

Dis asof ons almal 'n berg uitklim - die berg met die naam Self-wording (sy offisiële naam is Self-aktualisering). Dis 'n lang en harde pad (waarin daar dikwels heling moet plaasvind) en soms kan dinge hulself herhaal. Dieselfde sake kom weer en weer na vore. Ons maak klein vooruitgang; klein interne skuiwe bring groot verandering in ons lewe, sodat dit lyk asof alles ‘okay‘ gaan wees.

Maar dan sê of doen iemand iets, wat ons skielik laat voel of ons terug is by die beginpunt.

Dis natuurlik nie waar nie, ons is al verder op, op hierdie Pad van Wording. So ons is nou bietjie hoër op die helling van die berg, maar met dieselfde dinge wat opkom as vroeër. Byvoorbeeld ‘n bakleiery met jou kind, wat tydmors en nie besef wat die erns is van leer nie. Vrae ontstaan soos, “Moes ek nie nou al baie verder op gewees het nie? Moes ek nie al hoog genoeg gewees het sodat daardie probleme klein en onbeduidend lyk nie? Moes ek nie al een of ander piek bereik het nie?“

Hierdie behoefte om vinniger-te-groei; ‘n gevoel-van-vasgevang-wees en skaamte dat dit (wat jy wil hê) nie vinnig-genoeg gebeur nie, is baie algemeen in my praktyk. Ek hoor weer hierdie week, “Aren’t you tired of me coming in with the same questions and being so... stuck?“

Ek glimlag en antwoord, “You are not stuck, you are being human!” So lank as wat daar bloed deur ons are loop en gedagtes deur ons kop, sal daar heling moet plaasvind. Om heel te wees beteken nie om perfek te wees nie, maar dit wat ontbreek te omhels. Om daardie spanning tussen wat ek nou is en wat ek wil wees te aanvaar as uitdaging.

Ons onsekerhede, vrese en verdriete moet versorging kry net soos jou kinders se borde weer en weer gevul moet word. Dis soos die vrugbare grond in jou tuin – as jy daarna omsien kan jy sien wat daaruit groei. Ons wag om te sien watter vrugte hulle dra. 




Totdat hulle vrugte dra is dié geseënde bewustheid:

Vreugde is nie om geheel en al sonder verdriete te wees nie, maar om te leer om dit te verwelkom wanneer dit terugkom. Totdat dié omhelsing sy eie tipe vryheid word en die reistog self, die beloning.

Voorwaarts... opwaarts!




Encouragement for you as parent (and for me!) that we are human when we encounter problems (Even the same ones recurring over and over like fighting with our children about studying). There is a freedom in embracing and attending to the insecurities, uncertainties, fears and sorrows and to keep climbing the Mountain of Becoming...

*Complete Study Course* - Lucia Brand

082 782 4747

Wednesday, July 22, 2015

Students and learners: Relationships and your ego matter

                    

Students and learners: 

Relationships matter

Your ego matters when you execute that BIG moment of yours!  Your ego makes conflict difficult, painful or dangerous... and the other person or yourself.



Take the challenge  to pay attention to YOU getting in your own way and allow your soul, instead of your ego to rule your world (and trust that you can).

 Hoekom ek daarvan hou as my kinders baklei?



Alles maak saak



My doel as studieberader is nie net om vir jou te leer hoe om jou werk te onthou nie. 
Jou denkwyse, verhoudinge, emosies, liggaam en gees kom saam om 'n geheel te vorm in hierdie proses totdat jy iets tot uitvoering bring... Die oomblik van uitvoering kan byvoorbeeld wees as jy moet leer of as jy toets skryf. Ander voorbeelde is debatvoering of as jy aan 'n wedstryd deelneem. Wanneer jy in 'n belangrike oomblik van uitvoering is, tel alles. 
Voel jy soms te lui om te leer, te 'gerattle' om korrek te reageer of te besorg oor hoe jou hare lyk? Wil jy uit jou eie pad kom om beter te doen?
Is jy op die oomblik op 'speaking terms' met die belangrike mense in jou lewe? Of veroorsaak jou broer of suster vir jou baie irritasie?

'n Gesin met gesonde verhoudings stem nie oor alles saam nie. 

Moenie wegdoen met konflik nie, doen weg met jou ego:



Die ego in my en jou is wat maak, dat ons per se moet wen en dat die ander een altyd verkeerd is. Vir my ego is dit altyd sleg om te verloor en dat ons  ten alle koste moet wen. Dis wat dit vir my moeilik maak om te erken dat ek 'n fout gemaak het. 

Vir jare het ek gedink dat dit nie moontlik is om die ego te stil nie, maar om eerder konflik of moeilike uitdagings te vermy. Ek is nie die enigste een nie. Ek sien baie kliënte waarvoor dit makliker geword het om in stilte te lewe - sonder om te kommunikeer. Of vir ander is die ongemak van iets nuuts te leer te groot.

Dit is in verhoudinge nie die konflik as sulks nie, maar die ego in die konflik, wat dit destruktief maak - aanval en afbreek i.p.v. heel en opbou. 


Ego maak konflik 'n mynveld - jou ego is nie jou vriend of die vriend van ander nie.


'Opportunity dances with those already on the dance floor'. Dis hoekom ek daarvan hou as my kinders baklei. Dit gee hulle 'n kans om hul ego bietjie vir bietjie af te sterf - wanneer hul met integriteit stry sonder kritiek, beledigings of blaam.

Dink gerus aan die Stormers en Blou Bulle se geveg op die rugby-veld, waarna hulle dan hartlik mekaar se hande skud na die spel verby is. Konflik/uitdaging is nie daar om ons uitmekaar te dryf nie, maar eerder nader aan mekaar. 'n Oefenveld vir groei en heelword.


Die plek waar ek nie hoef te wen nie, maar genoeg en okay is dat ons verskil. Genoeg is om regtig te luister en om te verstaan sonder om met iemand hoef saam te stem. Sonder om bedreig te voel, jou kant van die saak te stel en te beredeneer. 

Om by hierdie plek te kom, moet ek bevraagteken wat ek dink... leer meer hieroor in die kursus.


Thursday, January 22, 2015

Students and learners: goal setting

Another Rule of Good Studying

Goal setting


Long term goals 

Make a mental contrast. Imagine where you've come from and contrast that with the dream of where your studies will take you. Post a picture or words in your workspace to remind you of your dream. Look at that when you find your motivation lagging.


Everyday goals

Divide your subject into smaller sections and when attending to a specific one, the rest fade into the background. Think of doing your best with the task in front of you NOW - space exercises or chapters over time. Focus on the "process" (e.g. solving math problems for 25 min every day) and NOT on the “product” (e.g. passing mathematics!).



Thumbs down to focusing on the “product” e.g. I should pass math!!
 and YES! to working a little bit everyday (It is less stressful and it doesn't cause procrastination).

PS: Look at Everyday Goals every 3 months to revise and change what is not working!



Sunday, January 18, 2015

Our New Year’s resolutions

Hoekom wil ons nie verander nie?

Ons het kompeterende behoeftes en belangstellings. Terwyl een deel van ons doelstellings het vir persoonlike groei, het ’n ander deel vrae.


Wat is die koste van verandering?

As ek regtig stil word, sal ek die eensaamheid kan hanteer? Sal ek nog aandag kry as ek nie in die eetkamer leer nie? As ek my opinie lig, sal my vriende dan nog by my wil wees?As ek finaal daai werk kry, sal ek nog ’n tuiste hê om na terug te kom? As ek ’n klein dingetjie verander, hoe sal dit ander dinge beïnvloed? Wil ek so baie verandering hê?


Met Die Volledige Studiekursus / The Complete Study Course verskerp jou kind sy bewussyn. Hy/Sy verkry insigte waarmee hul verdere besluite kan neem. Kontak my gerus vir meer besonderhede by 082 782 4747 of luciabrand@cybersmart.co.za.

Your job is not to force change, but to make space for the reasons they don’t want to change. Your job is to ask questions, too. Questions like: What is the benefit of not changing? What old things will be lost if new things are found? Your job is to welcome both parts into the light.



What We Want More Than We Want Change

Ek staan alleen in my kind se kamer en hoor die geluide van onder af. Hulle luister musiek, stry, speel en debatteer en hy kry nie geleer nie.

Die ma in my, sien iemand wat iets nie graag genoeg wil hê nie. Maar die sielkundige in my, sien die leë tafel en luister na die klanke van onder en ek weet dat my seun presies bereik wat hy in sy wese begeer:

Belonging.

Ja, sy punte maak meer en meer saak, maar hy is steeds 'n kind. 'n Kind wat êrens wil hoort! Het ons nie almal daardie kind in ons nie?


'n Bietjie empatie vir onsself 

According to statistics, most of us have failed our New Year’s resolutions by now. We’re starting to beat ourselves up for being lazy and undisciplined. But, with few exceptions, our New Year’s resolutions don’t fail because of laziness.

They fail because we all have a kid in us somewhere.We may be older, but connection and belonging is still the great, unspoken driving force behind our actions. When we are having difficulty changing something personal, it’s because we fear it will disrupt something relational. As a therapist, my job is to welcome this reality into the light. (It’s my job as a mom, too. Which is why I’m going to tell my son, no matter how much time he spends at his new desk, that he will always have a noisy kitchen to come back to.)

We all have a kid in us who is needing to hear that, don’t we?

This year, instead of being hard on ourselves, maybe we can have a little compassion for ourselves. Maybe we can embrace the part of us that wants to change and the part of us that is afraid to change. Maybe then, even our failed resolutions will be the beginning of something new and good and beautiful.

Thursday, October 2, 2014

Time Management and Planning

It is exams soon and time management is important
...it is never too late to learn how to study more effectively

 

Do a Complete Study Course (contact Lucia @ 082 782 4747):

 

                     The course includes Time Management and Planning





                                           For many people, time is an enemy.

                             Let's see time differently and enhance your effectiveness:


Imagine you are the captain of a ship, and the journey for today has 4 stop-overs (Your breaks are your "stops", when you'll be resting - stretching or listening to your favourite song).
You need to know where you are heading, so prioritise according to when you are writing the test and what you need to know for it. Plan on your To Do Today (see picture).
Set your timer for 30 min for the first voyage and GO! (During the first 25 min you can't be interrupted, as you are on the open sea. Sustain your focus until the last 5 min before your timer rings - those are your stops).
The timer's ring calls you back and sets you on the next voyage.
Bon Voyage!

Monday, July 28, 2014

A mindful approach to studying

The Complete Study Course:

 A mindful approach

 

We focus on creating healthy habits and how to make studying fun.

The following study skills are done in accordance with your child’s unique

intelligence profile in order to realise full potential.


Memory techniques, mind mapping (good for ‘attention development’),
"whole-brain" learning,
Problem-solving,
time, planning and stress management (good for anxiety),
meditation etc.


"While studying at Brown University, Santoyo has also noted that “these practices [meditation] have allowed him to feel more engaged with what he is studying, to become more adept at handling difficult situations, and to perform better academically.”