Sukkel jy om aan die leer te kom?
Gee die gedagte dat jy iets moet opsom vir jou ’n pyn?
Hierdie bloginskrywing gaan daaroor om iets wat jy nie kan verander nie, te aanvaar.
A hero is someone who has embraced all of life, not just the blissful parts.
|
Hoe kan aanvaarding jou help in eksamenvoorbereiding?
Dis heeltemal normaal om van baie dinge in jou dag nie te hou nie. As jy mooi oplet sal jy agterkom hoe dikwels dit gebeur dat jy voel dat iets onaangenaam is en dat jy weerstand daarteen bied.
Jy moet byvoorbeeld leer vir die eksamen en jy wil nie.
As jy uitstel om aan die leer te kom is dit moeilik om deur die werk te kom en onmoontlik vir jou om die feite te hersien en lank te onthou - dus gaan die kennis nie na jou langtermyngeheue toe nie.
Dit kan ’n patroon word en dan veroorsaak dit ’n probleem vir jou. Jy kan byvoorbeeld so lank uitstel om te leer dat jy nie jou teikenpunte haal nie.
Hoe aanvaarding van jou situasie jou kan help:
As jy ’n groter mate van aanvaarding in jou lewe te ervaar kan dit baie vir jouself (en vir mense om jou) beteken. Jy kan insig kry hoe om jou potensiaal bereik en jou droom verwesenlik. Miskien weet jy nog nie presies watter loopbaan jy wil volg nie, maar goeie punte maak baie deure vir jou oop!
Ons wil leer hoe om ’n spasie te skep waarin hierdie patroon van werksontwyking ontrafel kan word. Dit hoef nie ’n probleem te word nie.
Dit gaan ook hier oor die wete wanneer jy iets kán verander en hoe om dit reg te doen. Maar soms kan jy dit wat ís, nie verander nie en dan het jy ’n keuse: Wil jy dit met jou saamdra in jou kop, of nie?
Indien jy nie erken as jy ’n weerstand teen leer het nie, kan dit veroorsaak dat jy aanhou tyd mors en té laat begin leer.
Indien jou keuse is dat jy dit nie meer wil saamdra in jou kop nie dan moet jy oplettend wees deur jou dag. Die volgende kan oral in jou lewe toegepas word en dis handig om jouself die volgende vraag te vra en daaroor te reflekteer.
Vra jouself, ‘Wie of wat ontlok op hierdie oomblik weerstand by jóú?’
Dit behels die raaksien, in die oomblik, wie of wat ’n weerstand by jou ontlok. Wag en kyk wat gebeur as jy daarvan bewus word en dit erken, byvoorbeeld, ‘Ek raak bewus daarvan dat ek ’n weerstand het teen... leer/werk opsom/die Wiskunde-onderwyser... ’. Hoe voel dit? Kyk wat gebeur in jou liggaam... en moet dit nie met jou intellek uitwerk nie. Dit gaan oor die ervaring van laat gaan.
Sommige studente sien aanvaarding as ’n idee en “probeer“ te hard om iets te probeer aanvaar – wat ook nie werk nie. Byvoorbeeld dit is nie om te probeer aanvaar dat dit een van die dae eksamen is nie. Dit neem jou ’n stap verder weg van aanvaarding van jou situasie. Wanneer jy ongewensde gedagtes en gevoelens erken dan verdwyn dit meestal vanself. Dan aanvaar jy dit wat nodig is om te doen.
Laat ek verduidelik:
Slegs as jy dit wat jy nie van hou nie, identifiseer, kan jy dit laat gaan. Jy hoef niks te doen in die oomblik van erkenning van die weerstand nie, dit net benoem (as iets wat losstaan van jouself) en te voel hoe dit voel, dan gebeur dit net – dit los vanself op.
Dit gee jou duidelikheid dat jy weet wat om te doen. Om eenvoudig by jou lessenaar te gaan sit; jou stophorlosie te stel en jou bes te doen in dáárdie studiesessie.
Dit gee jou ook insig in jouself, bv. ‘Ek raak bewus dat ek ’n weerstand het teen... bv. vrees dat ek nie sal onthou wat ek leer nie’. Net wanneer jy die weerstand (teen die gevoel) identifiseer, kan jy dit laat gaan. Dan weet jy om iemand se hulp te vra oor hoe om reg te leer om die feite te onthou.
Wanneer daar nie weerstand is nie, is daar aanvaarding. Ons hoef nie te probeer om ’n beter student/mens te word nie, maar net die weerstand teenoor dinge (en mense) op te gee. En dié proses te laat ontvou en nie té hard te probeer om ’n sekere gemoedstoestand te verkry nie omdat dit gedagtes juis vernou.
Jy is juis oopkop en dapper as jy sien en erken wat jy dink en voel en die regte aksie neem. Dan kan jy glo en in afwagting wees dat jy goeie punte gaan kry!
Lekker leer!
You are here, on this planet, in this life, walking on this ground, breathing this air, and fighting this good fight to find the hero inside of you. Dr. Kelly Flanagan
|
The Course is meant to give you or your children practical insight on how to learn more effectively and with less frustration. The lessons in this course can help in learning many different subjects and skills. Whether you love language or math, music or physics or history, you will have a lot of fun, and learn a LOT about how to study!
It is provided to students at school or university level.
Contact Details
Contact Details
No comments:
Post a Comment