Thursday, June 25, 2015

Wat bepaal jou keuses?

Wat ek doen, kies ek!

Antwoord eers:
Kom dit uit vrees... of liefde?

Die kuns van die lewe lê daarin om te geniet
wat ons sien... en hoor... en voel
en nie te kla oor dit wat nog donker is nie.
Wanneer ons die volgende tree gee en vertrou dat ons genoeg lig maak vir wat volg,
dan dans ons met vreugde
en is ons verras oor hoe ver ons gaan...

Die krag van Vrese

Algemene vrese is BASIESE INFORMASIE en nie evil forces binne my nie – dit is die bedreiging dat ek iets, wat ek nodig het, gaan verloor of nie gaan kry nie.

Hoe kan ek my vrese oorkom?

Deur dit in die gesig te kyk, en te sê: "EK GEE NIE OM NIE!"


...Meanwhile... behind the scenes:

Wanneer iets my kwaad maak, of ek ʼn sterk emosie beleef, hang dit saam met ʼn onvervulde basiese behoefte. Daardie soort emosie sê vir my, daar is iets wat ek nie kry nie. 

Basiese vrese is gebaseer op 
- doodgaan 
- seerkry 
- oorweldiging en inperking (om byvoorbeeld beheer te word) 
- verwerping of om nie waardeer te word nie en 
- vernedering, byvoorbeeld as jy bang is om ʼn toespraak te maak

Vrees is veronderstel om ʼn goeie ding te wees. Dit beskerm my teen hierdie dinge, maar dit kan my vordering of verhoudings nadelig beïnvloed. Byvoorbeeld as ek nie na ʼn partytjie toe gaan nie, omdat ek ongemaklik is in groepe of om nie te vra vir die paar ekstra punte in Geskiedenis nie.

Dis nou tyd om wakker te wees vir die vrees vir ʼn vrees, wat in ons reaksies voorkom. Dit is ʼn kitsrefleks, sonder om eers die bangheid te voel, sê ek iets soos: ”Ek doen nie debat nie!“. Dit is juis hier in die ongemaklike zone waar groei plaasvind!

Dit kan chaoties en deurmekaar wees, maar as ek kalm en helder daaroor dink, waar my reaksies vandaan kom, sal my vrese my minder bang maak en minder beheer.


Die krag van Liefde

 Dan kan ek kies om te kry wat ek nodig het. Die self-dissipline om hard te werk aan jou toespraak is liefde teenoor jouself. Liefde teenoor ander is ook hier ter sprake, wanneer ek sien wat hulle nodig het, en DIT vir hulle kan gee.

Of ek kan kies om NET MINDER OM TE GEE (byvoorbeeld om eintlik uit te sien daarna om ʼn fool van myself te maak!)

***

Maar intussen – as ek wakker is en oplet – gaan dit mooi wees. Wanneer ek my seëninge tel – selfs in my grootste foute, kan ek nie verkeerd gaan nie.

Cheers op dankbaarheid!
Cheers op liefde!

Vir professionele advies, soek asb die dienste van  ʼn berader wat die nodige toegewyde ure neem om meer bekend te word met jou spesifieke situasie. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir nadelige gevolge a.g.v. jou interaksie met die blog nie.


3 comments:

  1. Hallo, dankie vir jou post! Ek wonder oor iets. Wat doen mens as vrees mens soms regtig verlam? Soms stress ek myself so moertoe dat ek nie kan beweeg nie. Dis asof my hele lyf vashaak. Kan nie my mond oop kry nie. Ek het eendag langs iemand gelê vir wie ek baie lief was. Ek wou met haar gesels oor iets wat vir my belangrik en moeilik was. Kon nie ‘n woord uitkry nie. Kon nie beweeg nie. Net weggesink in versmorende stilte. Dis vreeslik sleg as dit gebeur. Dit laat my ongelooflik pathetic en worthless voel. Hoe handle mens dit? Hoe wikkel mens los uit so oomblik?

    ReplyDelete
  2. Hallo Arthur (ook 'n naam uit een van my gunsteling boeke: Hitch-hiker's Guide to the Galaxy!!),

    Praat dit uit... inderdaad 'n goeie idee om jou denke en emosies uit te kry! Miskien met 'n berader wat die nodige tyd aan jou spesifieke situasie kan bestee.

    Die kere wat jy daardie reaksies gehad het was sleg, maar jy het daarby verbygekom! Neem daardie feit in jou toekoms in ag, maar neem ook die uitgaanspunt aan dat jy oop is om weer so situasie te beleef!

    Ja, indien jy bereid is om die reaksie weer te voel, kan jy in die oomblik daar teenwoordig wees en in 'tune'. Dit is 'n 'pause' waarin jy belangstel in jou liggaam se reaksie teenoor die lewe of situasie - maar sonder 'n agenda om die vrees weg te vat! So skakel jy die vrees om 'n gedagte te he uit. Om jouself dadelik te wil loswikkel daaruit, die angs dood te wil maak of die sleg dadelik te wil beeindig, maak dat jy wegsink in stilte.

    Sonder die agenda om per se die vrees te stop en net jouself te ontmoet, maak 'n ruimte oop waarin jy makliker kan asemhaal. Jy kan byvoorbeeld vir jouself vra, "Is hierdie terreur? / Is hierdie paniek? / Is hierdie gereedmaking vir iets?" Volg jou asemhaling soos wat dit in daardie moment is sonder om dit te beheer. Wie weet wat dit is wat met jou gebeur!

    Of nog beter... kan jy dalk uitsien na 'n moontlike reaksie? Sodat jy daardie 'een' daar binnekant kan hoor en kan ontmoet?

    ReplyDelete
  3. Dankie vir jou goeie antwoord. Dit maak sin. Ek gaan 'n berader soek om mee te gesels. Wil dit in 'n safe space kan uitpraat en verby dit kom. Moeg om dit te dra.
    HG is 'n oulike boek. Die fliek se deleted scenes was beter as die hele movie. Jammer oor die anomimiteit. Just another fragile human. Waardeer jou tyd en raad.

    ReplyDelete