Wat ek doen, kies ek!
Antwoord eers:
Kom dit uit vrees... of liefde?
Die kuns van die lewe lê daarin om te genietwat ons sien... en hoor... en voel
en nie te kla oor dit wat nog donker is nie.
Wanneer ons die volgende tree gee en vertrou dat ons genoeg lig maak vir wat volg,
dan dans ons met vreugde
en is ons verras oor hoe ver ons gaan...
Die krag van Vrese
Algemene vrese is BASIESE INFORMASIE en nie evil forces binne my nie – dit is die bedreiging dat ek iets, wat ek nodig het, gaan verloor of nie gaan kry nie.Hoe kan ek my vrese oorkom?
Deur dit in die gesig te kyk, en te sê: "EK GEE NIE OM NIE!"
...Meanwhile... behind the scenes:
Wanneer iets my kwaad maak, of ek ʼn sterk emosie beleef, hang dit saam met ʼn onvervulde basiese behoefte. Daardie soort emosie sê vir my, daar is iets wat ek nie kry nie.
Basiese vrese is gebaseer op
- doodgaan
- seerkry
- oorweldiging en inperking (om byvoorbeeld beheer te word)
- verwerping of om nie waardeer te word nie en
- vernedering, byvoorbeeld as jy bang is om ʼn toespraak te maak
Vrees is veronderstel om ʼn goeie ding te wees. Dit beskerm my teen hierdie dinge, maar dit kan my vordering of verhoudings nadelig beïnvloed. Byvoorbeeld as ek nie na ʼn partytjie toe gaan nie, omdat ek ongemaklik is in groepe of om nie te vra vir die paar ekstra punte in Geskiedenis nie.
Dis nou tyd om wakker te wees vir die vrees vir ʼn vrees, wat in ons reaksies voorkom. Dit is ʼn kitsrefleks, sonder om eers die bangheid te voel, sê ek iets soos: ”Ek doen nie debat nie!“. Dit is juis hier in die ongemaklike zone waar groei plaasvind!

|
Dit kan chaoties en deurmekaar wees, maar as ek kalm en helder daaroor dink, waar my reaksies vandaan kom, sal my vrese my minder bang maak en minder beheer.
Die krag van Liefde
Dan kan ek kies om te kry wat ek nodig het. Die self-dissipline om hard te werk aan jou toespraak is liefde teenoor jouself. Liefde teenoor ander is ook hier ter sprake, wanneer ek sien wat hulle nodig het, en DIT vir hulle kan gee.
Of ek kan kies om NET MINDER OM TE GEE (byvoorbeeld om eintlik uit te sien daarna om ʼn fool van myself te maak!)
***
Maar intussen – as ek wakker is en oplet – gaan dit mooi wees. Wanneer ek my seëninge tel – selfs in my grootste foute, kan ek nie verkeerd gaan nie.
Cheers op dankbaarheid!
Cheers op liefde!
Vir professionele advies, soek asb die dienste van ʼn berader wat die nodige toegewyde ure neem om meer bekend te word met jou spesifieke situasie. Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir nadelige gevolge a.g.v. jou interaksie met die blog nie.