Monday, May 11, 2015

Vir ouers, studente en leerders: Hoe sien jy tyd?

“Know your fight is not within; yours is with your time here.” 

–John Mayer

Daar is nie genoeg tyd nie... dan is daar soms te veel. Dan wil ek dit weer stadiger laat verby gaan of juis vinniger. My kind wil groot wees en oor tyd spring en ek wil dit soms terugdraai en iemand weer sien wat dood is. Ek wil meer pret hê of meer gedoen kry!


Dis eers by 'n begrafnis wat ek sien dat die geveg met tyd waardevolle momente, met die waarvoor ek omgee, wegsteel. Ek mis die mens wat voor my is, my kinders wat ouer word, en om uit te reik na my vriende...
.
Hoekom moet ek vrede maak met tyd?

Wanneer ek tyd kan aanvaar vir wat dit is, kan ek die sin van die lewe raaksien. En die sin is nie om meer gedoen te kry nie of meer pret te hê nie. Dit gaan om jou en my.

Tyd is die houer waarin ons liefde uitruil. Ons is hier vir mekaar.

Kom ons maak tyd daarvoor.


No comments:

Post a Comment